Ses sterf in skietaanval by huis

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense, waarvan drie verwant is, is Vrydagaand by ʼn huis in Georgedale naby Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder, het gesê vyf gewapende mans het omstreeks 21:00 op die huis toegeslaan.

“Die mans het aan die deur geklop en vir iemand met die naam Siyanda gevra. Toe iemand die deur oopmaak, het hulle die huis ingestorm en op almal wat hulle gesien het, losgebrand,” het Mbhele gesê.

Vier mans en twee vroue is doodgeskiet. ʼn Sewende persoon is ernstig gewond en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die slagoffers is almal tussen 20 en 37 jaar oud.

Die motief vir die skietery word ondersoek, maar dit is vermoedelik dwelmverwant, want die dwelm “Whoonga” is die huis gevind. Dié dwelmmiddel, bestaande uit lae graadse heroïen, kokaïen en strignien, word in poeiervorm verkoop en word gewoonlik met dagga gemeng en gerook.

Die polisie se provinsiale taakspan ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Veritas ·

Hoekom nog geld mors op kokaine en heroine? Strignien is baie goedkoper en goed vir dwelmgebruikers.

Duidelik n kenner.... ·

….op die gebied Veritas.
Ia jy verbruiker of n smous?

Magriet ·

Maklik om te praat totdat iemand naby jou in daardie situasie beland. Almal nie skyim van die aarde. Horveel van ons kinders val nie in daardie gat. Hul probeer uitkom maar kan nie. Verslawing is erg.

Petrus ·

Dit is ook baie minder om te koop, ook net een keer gebruik om vir altyd te hou.

kenner van wat? ·

duidelik get duidelik n kenner nie n koeking kloe wat strignien is nie. maar n stuiwer moet in die armveurs gewerp xwird.

oumie ·

Johan ja my vingers jeuk om die mense te help met hul spelling ek weet al die whatsup spelling laat veel te wense oor maar wragtag ek weet ook van vingerfoute maar party maak net nie sin nie

Sannie ·

Ek dink Veritas bedoel Strignien maak gouer dood dan word daar nie gesteel of gemoor vir dwelmgeld nie

willie ·

Mag die polisie prioriteit gee aan plaas en onskuldige moorde!

Drakensberger ·

Erger as die Wildeweste! Niemand word ontsien nie! Dit is ‘n vrot en wettelose samelewing waarin ons ons bevind! Het Donald Trump nie vir my ‘n klein gaatjie daar in die VSA nie?

Cherokee ·

Sorry daarvoor Drakensberger, maar Oom Donald het wel vir jou ‘n plekkie gehad maar ek het dit gehack. Probeer weer, miskien word ons bure in Disneyland.

chris.l ·

aan al die wat die woord skuim ao maklik gebruik wil ek net se dwelms vra nie hoe ryk jy is nie nig minder wat jou kleur is nie en ook gladnie wat jou geloof is nie pasop

moedelose moeder ·

Ja dwelmsmouse kan kry wat hul toekom, maar wees werklikwaar versigtig oor uitsprake rondom verslaafdes, dit bly iemand se kind, broer of suster, ma of pa, en as jy nie in daardie hel vasgevang is nie, hou jou kommentaar vir jouself! Dis nie net die gebruiker wat die hel beleef nie, die res kry nog swaarde en veral van die einste gemeenskap wat daardie mense as gemors uitkryt! Once used once hooked! Jy sterf stadig samet jou kind en dis pynlik!

Janí ·

Kan nie die boeie van enige verslawing breek sonder om die Here Jesus aan te roep en gedurigdeur te bid vir krag nie. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.