Ses sterf in trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Ses mans is Vrydagaand op die N2 in Riversdal in die Wes-Kaap oorlede tydens ʼn trompop botsing.

“ʼn Bakkie en ʼn motor het mekaar reg van voor getref,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Provinsiale nooddienste het reeds die pasiënte uit die voertuie gehaal toe paramedici van ER24 by die toneel aangekom het.”

Vyf van die pasiënte het reeds aan hul beserings beswyk. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“Twee pasiënte was in ʼn kritieke toestand. Hulle is op die toneel behandel en is deur die provinsiale nooddienste na die Riversdal-hospitaal geneem vir dringende verdere behandeling,” het Meiring bygevoeg. “Een van die pasiënte het ongelukkig op pad na die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

N2 is ‘n snelweg/deurpad met dus verkeer in dieselfde rigting. Sou daar beheer verloor gewees het van een van die voertuie wat dan oor die eiland in aankomende verkeer se pad beland het ? Ook kon by ‘n afrit /oprit ‘n voertuig in die verkeerde rigting op die N2 beland het. In Vanderbijlpark is daar so ‘n afrit vanaf die R57 na Ravelweg wat al vir jare GEEN geentoegangtekens het vanaf Ravelweg. Wanneer motoriste daar wil draai na Sasolburg vind hulle gelukkig voertuie van voor en draai dan om. Die verantwoordelike owerheid stel skynbaar nie belang om die nodige tekens aan te bring. Die houlinks-pyl by verkeerseilande is ook nou se dae ‘n luuksheid en kan jy maklik in die baan van aankomende verkeer beland.
Ek sou ook graag punte teen AARTO wou aanteken.

Kaaiman ·

Die N2 is nie ‘n deurpad nie. Dit is wel ‘n nasionale pad met verkeer in albei rigtings. Volgens wat ek gehoor het, het ‘n bakkie met 3 insittendes ‘n lorrie probeer verbysteek en toe in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n motor met ‘n man, vrou en 2 seuns beland. Sewe mense is uiteindelik dood – vermoed dit was al die mense betrokke. Die pad was vir ure gesluit – ons het vir familie gewag van Kaapstad wat moes wag tot die ongeluk opgeruim is. Tragies.

Peet Schabort ·

Ek het ook na “Google Earth” gaan kyk en nêrens is daar ook ‘n brug oor die N2 soos op die foto. Dit moet dus ‘n argieffoto wees wat die wanindruk veroorsaak. Jy is dus reg Kaaiman. Ook hartseer dat motoriste nie kyk en seker maak voor hulle verbysteek.
Ek het onlangs net buite Nigel waar die dubbelpad enkel word met ‘n links draai oppad na Heidelberg met ‘n trok en sleepwa voor my ‘n man van agter gekry wat volspoed teen die sperstreep en opdraande net eenvoudig blindelings verbygefoeter het.

Pieter V ·

In so n geval ,as dit moontlik is probeer ek die naam van die firma aan wie die trok behoort te kry wat gewoonlik op die trok is , en in baie gevalle is daar n kennisgewing op die trok wat die maksimum spoed wat hy mag ry aaandui en kontak nommer, dan kontak ek die eienaar of besigheid en het nog net goeie terugvoer gekry .
ek dink as elke bestuurder Suid afrika dit doen mag daar miskien minder ongelukke op ons paaie wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.