Ses sterf in Vrystaat-ongeluk

Die ongeluk Sondag 5 Maart 2017 op die N8 tussen Thaba 'Nchu en Botshabelo (Foto: @TrafficSA, Twitter)

Die ongeluk Sondag 5 Maart 2017 op die N8 tussen Thaba ‘Nchu en Botshabelo (Foto: @TrafficSA, Twitter)

Ses persone is Sondag in die vroeë oggendure dood op die N8 tussen Thaba ‘Nchu en Botshabelo in die Vrystaat in ʼn ongeluk waar vyf motors betrokke was.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, het gesê twee motors het mekaar aanvanklik reg van voor getref en vyf persone is dood.

“Dit het ʼn reeks gebeure tot gevolg gehad waar drie ander voertuie op dieselfde toneel ook in ʼn botsing betrokke was. Die derde voertuig het deur die toneel gebars en met wrakstukke gebots. Die vierde motor het stadiger gery om die toneel te vermy, maar die vyfde motor kon nie stilhou nie en het agterin die motor vasgery en nog ʼn persoon het gesterf,” het Zwane bygevoeg.

Hy het gesê die Padverkeersbestuurskorporasie en die SAPD ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

“Die ongeluk werp egter die lig op die gevare daarvan om in die vroeë oggendure te ry. ʼn Analise van motorongelukke het gewys dat dit gewoonlik tussen middernag en die vroeë oggendure plaasvind,” het Zwane bygevoeg. “Naweke is veral gevaarlik, aangesien meeste ongelukkig op Vrydag, Saterdag, Sondag en Maandag plaasvind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christa ·

Al rede waarom soveel ongelukke tydens daardie ure plaasvind is omdat almal dink die pad stil en hulle kan so vinnig ry as wat hulle wil!!!

ken van benoni ·

Christa ek stem gedeeltelik saam maar daar is ander faktore wat ook gewoonlik saam gaan nl. padtoestande, instandhouding van voertuie, alkohol, selfone, opleiding, verdraagsaamheid, die weer en dan mediese toestand van bestuurders!!

ken van benoni ·

Ek stem maar alkohol, vermoeitheid, selfone, weersomstandighede, padtoestande, instandhouding van voertuie en veral OPLEIDING speel ‘ n groter rol in botsings!!!

Engela ·

Volgafstand speel ook ‘n groot rol in baie padongelukke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.