Ses sterf in Vrystaatse ongeluk

Die motor het vermoedelik voor die bus ingery. (Foto: Verskaf)

Altesaam ses mense, onder wie twee babas en ’n tiener, is dood toe ’n motor en ’n bus Sondag in die vroeë oggendure in die Vrystaat gebots het.

Sipho Towa, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê die botsing het omstreeks 01:01 by  die aansluiting tussen die R702 en die N6, oftewel die Dewetsdorp-Reddersburg-aansluiting, plaasgevind.

Daar word vermoed dat die motor versuim het om by ’n stopstraat stil te hou waarna dit voor die bus ingery het.

Volgens Towa het drie volwassenes, twee babas en ’n tiener in die voorval omgekom terwyl ’n volwassene en ’n kind kritieke beserings in die voorval opgedoen het.

Die slagoffers was almal insittendes van die motor en die beseerdes is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein vervoer.

Die bus het 58 passasiers ten tyde van die voorval vervoer. Al dié passasiers is op die toneel vir skok behandel voordat hulle na die Bloemfontein Toerismesentrum vervoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lodewyk ·

Ek voel jamer vir die mense en arme kniders,mag hulle in vrede rus,maar my vraag is hoe kan die bestuurder nie stop by n stop straat nie??,as die bus n ander ligte pasasiers voertuig was,dan was meer mense dalk dood of beseer,hier by ons in ons dorp raak dit deesdae n algemene ding om rooi robote en stop strate te verontagsaam,ek het onlans selfs n noue ontkomming gehad oor n persoon wat op sy tyd oor n rooi robot ry,as ek dit nie betyds op getel het nie en dood gestop het nie was ek ook dalk n geval!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.