Ses sterf ná bakkie rol

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense is Dinsdagaand dood en drie beseer nadat ʼn bakkie naby Swartberg in KwaZulu-Natal gerol het.

Robert Mckenzie, ʼn woordvoerder van die provinsie se nooddienste, het Woensdag gesê die ongeluk het op die R617-pad tussen Underberg en Swartberg plaasgevind. “Vier mense is op die toneel dood, en twee is met hul aankoms by die hospitaal in Kokstad dood verklaar,” het Mckenzie gesê.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.