
Ses mense, drie van hulle kinders, het Sondagoggend in die ongeluk gesterf. (Foto: Medi-Egde First Responders/Facebook)
Ses mense is dood en nog twee beseer in ʼn ongeluk op die N1-hoofweg naby Hammanskraal, noord van Pretoria.
Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê die ongeluk is Sondag om 09:26 aangemeld.
In dié stadium lyk dit of ʼn ligte motorvoertuig agter in ʼn vragmotor vasgery het, het Mabaso gesê.
Volgens ʼn verklaring van Medi-Edge-nooddienste het die twee voertuie egter reg van voor gebots.
Vier van die oorledenes is buite die voertuig op die toneel gevind. Hulle is vermoedelik uit die motor geslinger. Nóg ʼn persoon moes met lewenskake uit dié motorwrak gered word. Dié persoon is ernstig beseer, het Mabaso gesê
Die liggaam van ʼn vyfde persoon is later op die toneel gevind.
Drie van die oorledenes is kinders, het Mabaso gesê.
Die vragmotorbestuurder het op die toneel gesterf en ʼn passasier in dié voertuig is ernstig beseer. Dié persoon moes ook met lewenskake uit die vragmotor bevry word.
Mabaso het gesê die N1-Suid is vir verkeer gesluit. Motoriste is gevra om alternatiewe roetes soos die R101 te gebruik om die ongelukstoneel te vermy.
Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Die vrag motor bestuurder is in n ernstige toestand hospitaal toe vervoer. Hy is nie dood nie
Op n snelweg reg van voor gebots. Maw kop aan kop, hoe kan so iets gebeur, kar/trok moes dus beheer verloor het en oor die middelman gegaan het en aankomende verkeer gebots het
Het die kar voor vragmotor in gery?
Daar is ongelukkig enorm veel idiote wat van.die roete gebruik.maak.
Nee…ek verstaan nou nie hierdie berig nie. Mabaso sê van agter, die nooddienste sê van voor………