Ses sterf toe bestuurder beheer verloor  

Ses mense is dood in dié ongeluk in Limpopo. (Foto: Facebook/ Limpopo Department of Transport and Community Safety)

Ses mense is Saterdag dood toe ʼn Isuzu-laaiwa en ʼn Ford-sedan trompop gebots het. Die ongeluk het op die R518 buite Lephalale in die Waterberg-distrik in Limpopo plaasgevind.

“Daar word beweer dat die bestuurder van die Ford op pad was van Lephalale na Shonwani, toe hy beheer oor sy voertuig verloor en in die Isuzu vasgery het,” het ʼn woordvoerder van die Limpopo- departement van vervoer Sondag gesê.

“Vyf insittendes van die sedan, insluitend die bestuurder, is op slag dood. Die bestuurder van die laaiwa is ook op die toneel dood verklaar.

Volgens die departement is nog twee insittendes ernstig beseer en na die naaste hospitaal gehaas.

“Die departement het Vrydag en Saterdag nóg drie noodlottige ongelukke in die Mopani-distrik aangeteken. In een van die ongelukke is ʼn sewejarige seun deur ʼn voertuig buite ʼn skool in die Khashani-nedersetting getref. Daar word beweer dat die bestuurder van ʼn skoolbussie agteruit gery en die kind getref het terwyl hy oor die pad geloop het. Hy is op slag dood.”

Die derde ongeluk het op die R71 buite Tzaneen plaasgevind. ʼn 36-jarige man is deur ʼn Suzuki omgery terwyl hy die pad oorgesteek het. Die vierde ongeluk het op die R36 by Mokgolobotho plaasgevind. ʼn Voetganger wat die pad oorgesteek het, is in dié voorval deur ʼn Kia omgery is.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, het voetgangers gemaan om seker te maak hulle steek die pad by aangewysde voetgangerkruisings oor en om nie langs besige paaie te loop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nie Verbaas ·

Mens wonder net weereens oor geldigheid van rybewyse en vermoë.

Christine ·

Die mense wat deesdae agter motors se stuurwiele inklim, is kommerwekkend. Meestal met gekoopte rybewyse, MAAR voetgangers hardloop ook sommer net oor die paaie soos skape. Het twee weke terug gesien hoe ‘n voetganger op die hoofweg deur ‘n motor getref word. Dis ‘n helse slag en gesig wat ek.nie weer wil sien nie.

Swerwer ·

Wonder maar net hoe verloor jy beheer oor jou voertruig as jy binne jou spoedgrens hou en padreels nakom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.