Ses sterf toe vragmotor en bakkie bots

Foto verskaf deur Netcare 911

Minstens ses persone is Maandagmiddag dood toe ʼn bakkie en ʼn vragmotor mekaar in KwaZulu-Natal reg van voor getref het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 15:00 na die toneel ontbied op die M27 tussen Umdloti en Mount Moreland.

“Ses persone het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Drie persone het kritieke beserings opgedoen,” het Herbst gesê.

Die Ethekwini-brandweer moes van meganiese toerusting gebruik maak om een van die persone uit die wrak te sny.

Sodra die persone gestabiliseer is, sal hulle na hospitale geneem word vir verdere behandeling.

“Die getal pasiënte wat geringe tot matige beserings opgedoen het is nog nie bevestig nie, omdat van die pasiënte privaat van die toneel verwyder is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JJ ·

Dit lyk of hulle in KwaZulu-Natal nie weet aan watter kan moet wie ry nie.Hoor te veel van botsings reg van voorDit so jammer vir die onskuldige voertuie

IK ·

En die foto van die bakkie? Gaan ky op Arrive Alive vir meer besonderhede en wat werklik gebeur het.

Abe ·

Hoe kan hulle reg van voor bots as elkeen aan sy eie kant bly?

hercu ·

ek lees van soveel kop aan kop botsings, is dit dalk ‘n nuwe manier van “moord”

vra maar net?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.