Ses stropers in Krugerwildtuin vasgetrek

handcuffsSes vermeende renosterstropers is Dinsdag in twee afsonderlike voorvalle in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

Reynold Thakhuli, ʼn woordvoerder van SANParke, het gesê die eerste inhegtenisname het in Kingfisherspruit plaasgevind. Wildbewaarders wat roetine patrollie gedoen het, het drie verdagtes opgemerk en hulp ontbied. “ʼn Polisiehelikopter en wildbewaarders van SANParke se eenheid vir spesiale operasies is ontplooi,” het hy gesê.

Die drie verdagtes is aangekeer. Hulle het ʼn .458-geweer, ammunisie en ʼn byl in hul besit gehad.

Die tweede inhegtenisname het in die Krokodilbrug-omgewing plaasgevind. “Wildbewaarders het voetspore van drie vermeende stropers opgemerk en gevolg. Hulle het ook die hulp van ʼn helikopter ontbied, waarna die verdagtes aangekeer is,” het Thakhuli bygevoeg.

Die mans het ʼn .375-jaggeweer, ammunisie en ʼn byl in hul besit gehad.

Meer as 730 renosters is reeds vanjaar in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak. Nagenoeg 500 renosters is in die Krugerwildtuin gestroop. Meer as 1 000 renosters is in 2013 doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Louis ·

Ek wonder van die 500 wat in Kruger gestroop is, by hoeveel was personeel betrokke …. Wonder maar net ?

Paul ·

Louis, Jou opmerking is baie digby die waarheid. Die Parkeraad en Polisie se werknemers gee die renosters se ko-ordinate deur aan die stropers en hulle kom skiet gou die dier. Hoeveel km ry ‘n mens in die wildtuin rond sonder om die diere te sien maar die stropers LOOP uit Mosambiek en kom skiet gou die dier. Nie een van die berigte het nog ooit vermelding gemaak van stropers wat kamp of slaap toerusting by hulle het nie, gewoonlik net die geweer, ammunitie, messe en byle.

Willie ·

Die Valke moet gaan land in die regering. Sekerlik sal daar feesgevier word en die stomme diere ‘n blaaskansie kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.