Ses studente geskors ná UK-betogings

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Max Price, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, het Woensdag gesê ses studente is geskors ná die gewelddadige betogings wat Dinsdagaand by die universiteit uitgebreek het.

“Ons het aanvanklik gesê dat agt studente geskors is, maar dit was eintlik net ses aangesien twee nie vir die akademiese jaar geregistreer was nie,” het Price gesê.

Price het die media toegespreek ná ʼn onstuimige nag op die kampus waarby die polisie, private veiligheidsmaatskappye en die RhodesMustFall-beweging (RMF) betrokke was. Nadat die RMF geweier het om te voldoen aan ʼn opdrag van die universiteit – dat ʼn plakkershut wat vroeër vandeesweek in Residence-weg opgerig is, verwyder word – het betogings op die kampus uitgebreek.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die polisie moes naderhand skokgranate en rubberkoeëls afvuur terwyl personeel van die veiligheidsmaatskappy die studente verwyder het. Minstens drie studente is in hegtenis geneem insluitend die prominente RMF-lid Athabile Nonxuba.

Die studente het ook skilderye, ʼn bakkie en bus van die Jammie-pendeldiens aan die brand gesteek.

“Hierdie is nie ʼn aanvaarbare vorm van betoging nie. Studente kan heeltemal uit die universiteit geskors word,” het Price gesê. Hy het dit egter duidelik gemaak dat die ses studente tans voorlopig vir die volgende 72 uur geskors is om hul kans te gee om hul kant van die saak te stel.

Die plakkershut is Maandag opgerig glo in protes teen diskriminasie teen swart studente. Die RMF-beweging beweer dat swart studente op waglyste geplaas word vir verblyf terwyl wit buitelandse studente voorkeur kry.

Die universiteit het ontken dat daar teen studente gediskrimineer word, maar het erken dat daar ʼn tekort aan studenteverblyf is wat hulle tans probeer oplos.

Intussen het die RMF-lede Woensdag weggebly van die kampus terwyl sommige by die Wynberg-landdroshof bymekaargekom het om die studente wat in hegtenis geneem is, te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Irene ·

Goeie werk dit is hoe hul gaan opvoeding kry genoeg is genoeg

Johan ·

Die eise van die radikale swart studente sal nooit ophou nie . Hulle sal altyd die doelpale verder en verder skuif. Myns insiens is dit selfs moontlik dat hulle later ‘n salaris sal eis. Daar is net een oplossing. Raak ontslae van die vrot kol al moet die universiteite dag en nag bewaak word. Hulle sal miskien oor vyf jaar tot hulle sinne kom. Maar ek twyfel…

DPJ ·

Studente wat so optree is nie ware studente nie en behoort nie op die kampus nie,
Voed hulle eers beskaaf op dan kan hullle her oorweeg word.

Apie ·

Diw kaders wil net afbreek en verwoes. Dit gaan nie oor protes!! Hulle sal NOOIT beskaafd word nie. Dankie vir die optrede UK.

Karma ·

Die verskil tussen die blanke “buitelandse” studente – soos die RhodesMustFall beweging a.k.a. Athabile Nonxuba a.k.a ANC/EFF Jeug – hulle beskryf, is dat eersgenoemde opgevoede, ordentlike, intelligente individue is wat vir hul verblyf BETAAL en nie alles gratis/verniet/ pasella/mahala wil hê nie.

Hierdie blanke “buitelandse” studente weet ook dat alleen harde werk en studie jou ‘n graad laat behaal – hulle weet dat jy nie 10 jaar op universiteit kan sit en jaar na jaar druip en dan maar uitval net omdat jy te lui is om te studeer en jou met ander aktiwiteite (en hierby bedoel ek nie die gewone buitemuurse aktiwiteite nie, eerder seks, dwelms, drank en partytjies) besig hou nie.

Hierdie blanke “buitelandse” studente weet ook om nie iets wat jy nie tot stand gebring het nie of nie jou eiendom is nie, af te brand, te breek, te beskadig nie. Hulle weet hoe om hulself teenoor en onder ander mense, wet en gesag te gedra.

Mnr. Price & Kie., doen asseblief die land en wêreld ‘n guns: skors hierdie ‘studente’ onmiddellik PERMANENT. Kry interdikte teen hulle sodat hulle hul protesterende voete nie weer op enige Universiteit se gronde mag sit nie. Etiketteer hulle as jeug-terroriste, anargiste en rassiste.

Theo ·

Geskors om hulle kant van die saak te stel???? Wat mis ek hier? Hulle het mos gese wat hulle wil he, en hulle het wetlik verkeerd opgetree. Vandalisme, diefstal, onwettige betreding, brandstigting, intimidasie, dreigemente ens……. Hulle moet opgeluit word. Hierdie toestand is klaar besig om in julle gesigte te ontplof.

Christine ·

Ouerskap opleiding is nodig vir hulle. Regering moet die ouers leer om hul kinders reg Groot te maak. Word baie beinvloed deur die ouers se haat,kwaad, ondusrespekvolle,onvergewens gesindheid,moord gedagtes,afbreek,en en en as hulle nie hul sin kry nie. Hulle word so Groot gemaak by hul ouerhuis en word deur die Regering se negatiewe voorbeeld aangehits met n haat in hulle

Louise ·

Theo ek stem 100% hulle het lankal beheer verloor oor reg en geregtigheid.
Wat het van respek en waardes geword en dan moet mens weet vorentoe moet hierdie kinders n voorbeeld kan stel aan hulle eie kinders.
Ek sien waar tye vir ons land, wie en waar gaan die streep getrek word.
Mense sal wakker skrik as n betoging so erg is dat dit nie onder beheer gedwing kan word nie.
Dan gaan hulle wonder nou hoe het ons hier gekom.

Michael ·

Die huidige benadeelde minderheid moet Afriforum ondersteun sodat akademia kan uitbrei tot die top Afrikaanse universiteit waar hierdie ongeletterde anargistiese klomp nie toegelaat hoef te word nie

hans ·

Die studente het ernstige oortredings begaan en behoort in aanhouding te wees en nie net geskors nie.

Emile ·

Vreemd dat hulle die Jamie-busse teiken want dis dieselfde busdiens wat hulle goedgunstelik Septembr 2015 in hul duisende na die Stellenbosch-inval aangery het.

Wys net hoe irrasioneel, onnadenkend en double-speak hul aksies is.

Wonder of Max Price by sy ou vriend Wim de Villiers gaan kers opsteek, of aansteek …?

HEVW ·

Nou die 2 wat nie gerigistreerde studente is nie, is hul nou skotvry. Hulle moet mos onder verswarende omstandighede wees. Wat soek hulle daar?

Renier ·

Kan geskors word. Hello mis ek iets. Ek sou se permanent skors. As jy afbreek en op foeter wil jy nie leer nie. Gaan na jou ouerhuis en tantrum daar.

Eugene ·

Staak as julle wil staak.
Moenie klasse bywoon nie.
Moenie dit nie en moenie dat nie….

* Niemand gee julle die reg om ander te ontneem om te kan en mag studeer nie!
* Niemand gee julle die reg om ander se besittings te verniel, verwoes/ vernietig en aan die brand te staan en steek nie – sulke optrede is uiters onopgevoed, onvanpas en werklik krimineel; desvolgens hoort julle in die tronk vir kriminele optrede!
* Niemand gee julle die reg om ander te intimideer nie!
* Niemand gee julle die reg om ander te dreig en hulle lewens/ veiligheid op risiko te plaas nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.