Ses trokke, bakkie tydens betoging vernietig

Argieffoto

Ses vragmotors en ʼn bakkie is Donderdagoggend aan die brand gesteek tydens nóg ʼn betoging naby Hendrina in Mpumalanga.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê dié jongste betoging het in die vroeë oggendure plaasgevind toe vermeende werkers van Optimum Coal Mine glo oor onbetaalde lone begin betoog het.

“Die werkers, wat glo al maande lank nie betaal is nie, het paaie met klippe, brandende bande en ander voorwerpe versper en verkeer op die R38, asook die N11 by Middelburg ontwrig. Altesaam ses vragmotors en ʼn bakkie is in die proses aan die brand gesteek,” het Hlathi gesê.

“Die situasie is sedertdien in bedwang gebring, maar lede van die polisie se eenheid vir openbare orde is steeds op die toneel om dit te monitor.”

Hlathi sê die polisie het by betroubare bronne verneem die skuldiges het glo in verskeie voertuie van een plek na die volgende gery en chaos veroorsaak so ver hulle gegaan het. Hy sê die polisie is warm op hul spoor en hulle sal binnekort vasgetrek word.

Dít was een van verskeie betogings wat vandeesweek in die provinsie plaasgevind het. KwaMhlanga en Kwaggafontein het ook vroeër onder betogers deurgeloop.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die gemeenskap gewaarsku dat die verwoesting van eiendom en infrastruktuur gedurende betogings nie geduld sal word nie. “Ons is bekommerd oor die groot getal gewelddadige betogings wat in die provinsie plaasvind en veroordeel dit ten sterkste. Enige vorm van misdaad sal sonder vrees of voordeel op gepaste wyse hanteer word,” het Zuma gesê.

Enige inligting oor die betoging by Hendrina kan vertroulik by kapt. Khehla Shabangu by 082 318 9650 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tillie ·

Ek dink ook die polisie moet die handskoene afhaal, die betogers hard slaan. Hulle gaan nooit ophou nie, dit raak net erger, en onskuldige mense betaal die prys. Hulle kom hopeloos te lig daarvan af indien wel.

Nita ·

Dis nou terrorisme. Lank nie meer vreedsame betogings nie. Krygswet moet afgekondig word. Die weermag moet van hulle bedjies afklim en die polisie kom help om die land se burgers en eiendom te beskerm.

TNT ·

Anargisme, sabotasie , terrorisme, defnetief nie n betoging nie! Staatskapers kom dan niks oor nie, hoekom sal die polisie nou hierdie protesaksies keer? En so sal die land brand tot almal niks meer oor het nie, net dan sal almal gelyk wees .

fred ·

verkoop die Gupta mansions en betaal die werkers hiermee….of hou die Zuma’s en vorige min.Zwane en ander korrupte amptenate aanspreekelik vir hierdie gemors..

willem Botha ·

Ek gaan dit weer se die kriminele doen wat die polisie hulle toelaat ,kry privaat sekuriteit om orde en wet te handhaaf die polisie het gefaal en al wat oorbly is die hordes verskonings en die gebel en gekerm oor die paar patente wat goed is maar niks kan doen nie oor die en daai rede.

marco polo ·

Lyk my die polisie kannie eens hulle ‘monitor’ werk behoorlik doen nie. Hoe kry die brandstigters reg om van een plek tot n ander te ry en voertuie uit te brand sonder dat n hand op hulle gele word? Hierdie is sabotasie, nie protes nie.

?leser ·

“die polisie is warm op hulle spoor”. die polisie moet net mooi loop, daar kom ‘n trein deur die tonnel en sy ligte is af

George in Bloem ·

Janee swaer,ons kan veilig voel en rustig raak.Onse blouspan is besig om die situasie te “monitor” en hulle is “warm op hulle spoor”. Ek raak sommer opgewonde as ek my taxdollars so effektief in werking sien. Ek weet hulle is nou vrekbesig met die saak maar ek hoop hulke vind tyd tussen al hierdie opwinding om IEMAND TE ARRESTEER. Net jammer geen van al hierdie aksies gaan die arme eienaars van daai voertuie enigsins help nie.

Michelle ·

Onbetaalde lone, goed ek het jou geld as jy weer begin werk sal jy vir daardie skade betaal dit is al hoe ‘n mens kan leer. Ek stem saam bring privaat sekuriteit in want weermag het hopeloos agteruit gegaan en ek bedoel dit ek sien hoe mense 09:00 by hul huise kom sit onder die invloed van drank in uniform en as die polisie hul nie kan hanteer of versterkings kan kry nie dan is die manne nie opgewasse nie of in die verkeerde beroep. Die stakers moet afgedank word en mense wat wil werk moet werk. Hul staak nou maar ek as ek die myn was sou hul maak die skade betaal van daardie voertuie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.