Ses van SA gevonnis wat bokke uit Zambië wou smokkel

Die beskuldigdes kort nadat hulle in hegtenis geneem is. Foto: Zawa

Die beskuldigdes kort nadat hulle in hegtenis geneem is. Foto: Zawa

Die ses Suid-Afrikaners wat in Zambië in hegtenis geneem is toe hulle 12 swartwitpense uit die land na Suid-Afrika probeer smokkel het, is Dinsdag gevonnis.

Maroela Media het vroeër berig dat Francois Grobler (24) en sy broer en Pieter Schalk Grobler (32), Damian le Roux (25), Pieter Burger (21), Stefanus Johannes Potgieter (56) en Jan David Potgieter (31) saam met ʼn Zambiese burger, Munyaradzi Tapera (36), in Oktober in Gwembe by die Kotakota-vliegveld in hegtenis geneem is. Hulle was van plan om 12 swartwitpense sonder die nodige permitte na Suid-Afrika te vervoer in ʼn ligte vliegtuig waarvan die sitplekke uitgehaal en die binnekant met dik materiaal uitgevoer is.

Volgens die Zambiese natuurlewe-owerheid (Zawa) het die sewe beskuldigdes skuld erken op die 13 aanklagte teen hulle en is hulle Dinsdag in ʼn hof in Monze tot altesaam 200 000 kwacha (sowat R215 000) gevonnis. Die aanklagte het ingesluit die onwettige besit van lewende hawe, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, poging om lewende hawe uit te voer sonder die nodige dokumentasie, die aflê van valse verklarings aan ʼn immigrasiebeampte en versuim om lugvaartreëls te gehoorsaam.

Foto: Zawa

Foto: Zawa

Volgens Zawa het Zambiese owerhede beslag gelê op ʼn vliegtuig, drie voertuie, ʼn perdewaentjie, ʼn vuurwapen met ammunisie, ʼn pylgeweer, verskeie wildvangtoerusting en sewe swartwitpense wat in die mans se besit gevind is tydens hul inhegtenisneming. Vyf van die swartwitpense het weens stres gevrek.

Zawa het gesê dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat die beskuldigdes ʼn uitgebreide plan beraam het om die swartwitpense te smokkel. Rekords het onder meer getoon dat Soutpansberg, ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy in Limpopo, 30 swartwitpense by ʼn maatskappy genaamd Swanvest aangekoop het.

Christian Visser, die eienaar van Swanvest, het glo in ʼn beëdigde verklaring aan die Zambiese owerhede gesê dat Pieter Schalk Grobler gehuur is om na Zambië te reis en die 30 swartwitpense na ʼn plaas in Livingstone, wat deur Dries Scholtz besit word, te vervoer. Scholtz het egter ontken dat hy enige kennis van die reëling gedra het.

Die beskuldigdes het Zambië in twee groepe binnegekom, een groep op 26 September op ʼn pad deur Kazungula en die ander groep via die Kenneth Kaunda internasionale lughawe op 6 Oktober. Albei groepe het hulself valslik as toeriste by die land se onderskeie punte van ingang verklaar.

Die ses Suid-Afrikaners sal na Suid-Afrika gedeporteer word sodra hulle die boete betaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gideon ·

Hulle kan hul sterre dank dat die Zambiese owerhede hul net ‘n boete gegee het. Moenie ander lande se wild steel nie.

Dee ·

Hoe moet Willem dit sê sodat jy kan verstaan? Hy praat tog duidelik.

M ·

Wou seker die bokke hier kom verkoop en toe is hulle uitgevang. Kan nie dink dat daai tronke baie aangenaam aan wees nie

Justa ·

Jammer hulle is nie in die tronk gegooi nie. Gaan maar net in SA hulle skelmstreke voortsit

jakes ·

Hul baas het te veel geld, dis hoekom hul so lig afkom. Jare se smokkel al, google Chris Visser Kimberley. Of Sanvest, ook Wolwefontein. Jare se dinge al.

Hendrik ·

Hierdie strawwe is heeltemal te lig. Ek is KEELVOL vir alle korrupsie, van die ou wat die verkeersbeampte omkoop, kul op sy belasting, tot by Zuma. Ons land is vrot hiervan, oor wit en swart.

Duikerkie ·

Die goue reel is: MOENIE STEEL NIE. Nie hier nie, nie daar nie, GEEN plek nie.
Volgens Willem hierbo is dit ok om ander lande se wild te steel omdat ons wild hier uitgemoor word. EK kan sommer sien hy verwys na swartmense maar is te bang om dit te sê.
Dis STROOI!! Omdat ander steel is dit dan Ok as jy ook steel? Bulldust!
Die ergste vir my is dat ons sogenaamde BAAS blankes die grootste diewe is. Kyk maar na die renosterstropers. Dis onder andere veeartse? Ag nee sies man, tot watter laagte punte wil julle daal? Pateties!!

elize naude ·

4 blankes en 2 nie-blankes…
dit bewys maar net dat eerlikheid, menswaardigheid, karakter… niks met velkleur of ras te doene het nie…
was die situasie omgekeerd het dit hier gehael van rassistiese kommentare…

Johan ·

Twee van daai mans ken ek goed, groot plaasboere. Glo nie hulle het n baas nie, hulle is die base. Een van hulle het my ma se plaas gekoop. Kon dit nie van daai persoon dink nie

Alet ·

@ Duikerkie die goue reel is eintlik om met begrip en aandag te lees. Niks is gesteel nie. Hulle wou bokke van daar na SA smokkel. Dis n ootreding van talle wette maar niks is of was ooit gesteel nie.
Wat hulle gedoen het was dom maar nie immoreel deur dat iemand skade aan gedoen is nie. Dit kan selfs ons wildbedryf baat om nuwe teelmateriaal die land in te bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.