Ses vas kort ná rooftog

Ackermans in Bela Bela Foto: Google Earth

Ackermans in Bela Bela Foto: Google Earth

Ses verdagtes wat glo ʼn Ackermans in Bela Bela (Warmbad) beroof het, is kort ná die voorval reeds in hegtenis geneem.

“Ses mans, gewapen met drie pistole, het omstreeks 09:30 die winkel betree en kontant en klere gesteel,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Geen skote is gevuur nie. Niemand is beseer nie.”

Die mans het in ʼn wit minibustaxi gevlug.

“Die polisie is ontbied en lede van die hoofwegpatrollie het die verdagte motor op die N1 naby Pienaarsrivier opgemerk en dit voorgekeer,” het Otto bygevoeg. “Die verdagtes is in hegtenis geneem. Die polisie het die gesteelde ware gevind en beslag gelê op die vuurwapens.”

Lt.genl. Fannie Masemola, provinsiale polisiekommissaris, het die vinnige reaksie van die polisiebeamptes geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tollie ·

Die 3 vermeende rowers met pistole het seker wettige lisensies vir die vuurwapens? Sal graag wil weet waar die wapens vandaan kom!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.