Ses vas ná betogings in Kriel

Die foto is tydens Maandag se betoging geneem. Foto: Facebook

Die foto is tydens Maandag se betoging geneem. Foto: Facebook

Ses mense is in hegtenis geneem nadat inwoners van die Thubelihle-township paaie buite Kriel in Mpumalanga versper het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het omstreeks 16:00 aan Maroela Media gesê die situasie is tans onder beheer.

Betogers het vroeër vandag die paaie tussen Kriel en Bethal en Kriel en Witbank met klippe, brandende bande en ander voorwerpe versper. “Vier mans en twee vroue is in hegtenis geneem,” het Mohlala gesê. “Hulle sal binnekort in die Kriel-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.”

Hy het gesê die inwoners beweer dat kragstasies en myne in die omgewing nie plaaslike mense aanstel nie en eerder werk aan buitelanders verskaf.

Inwoners het ook Maandag betoog. Mohlala sê die polisie monitor die situasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riana ·

Van die nie blanke oor gevat het,gaan dit so in Suid Afrika.Ons het nooit betogings gehad nie,kyk hoe lyk ons paaie en kyk op die foto hoe verniel hule die paaie verder maar dis tipies as jy nie n brain het hoe om n Land te kan regeer nie.Maar die spreek woord is (Die Wiel Draai) en die einde gaan kom,wil net se inwoners van Kriel hou moet God beskerm sy kinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.