Ses vas na hulle glo man buite laerskool doodskiet

De La Salle-junior skool Foto: delasallejunior.co.za

De La Salle-junior skool Foto: delasallejunior.co.za

Ses mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo Derek Wood (53) buite ʼn laerskool in Johannesburg doodgeskiet het.

“Die mans, tussen 26 en 38 jaar oud, is Woensdagmiddag in Katlehong en Klippoortjie aan die Oos-Rand in hegtenis geneem,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie in Johannesburg, Donderdag gesê.

Wood is op 27 Februarie omstreeks 13:50 voor die De La Salle Holy Cross College-skool doodgeskiet terwyl hy vir sy kinders gewag het. “Na verwagting het die mans hom van die FNB in Randburg agtervolg. Hulle het R40 000 kontant gebuit wat hy onttrek het. Hy is drie keer in sy bolyf en onderlyf geskiet terwyl hulle oor die sak geld geworstel het.

Drie van die mans is in Katlehong aangekeer nadat die polisie ʼn wenk ontvang het. Die Volkswagen Golf met donker ruite, wat tydens die skietery gebruik is, is op die toneel opgespoor. Die ander drie verdagtes is by ʼn huis in Klippoortjie aangekeer. Een van die mans was by die huis en die ander twee is in hegtenis geneem toe hulle later by die huis opgedaag het. “Die polisie het hier beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens,” het Mogale gesê.

Die skoliere het nie die diefstal sien gebeur nie, aangesien hulle steeds in die klas was.

Die mans sal Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Lees ook:
Man sterf ná roof by laerskool
Man buite JHB-laerskool geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.