Ses vas ná meisie glo ontvoer, verkrag is

Argieffoto

Argieffoto

Ses mans is in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat ʼn 17-jarige meisie glo ontvoer en verkrag is.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het glo Woensdagaand in Mangaung Village in Witsieshoek naby Qwa Qwa plaasgevind. Die meisie was glo tuis saam met haar voog toe iemand aan die deur geklop het. “Haar voog het die deur oopgemaak waarna ses jong mans die huis binnegestorm het.”

Volgens Mophiring het die mans, tussen 20 en 21 jaar oud, glo die meisie na ʼn nabygeleë huis geneem. “Sy is glo deur vier van die ses mans verkrag.” Die meisie het die beweerde voorval laat Woensdagaand by die polisie aangemeld.

Mophiring het gesê die ses verdagtes is kort hierna in hegtenis geneem. Hy het gesê vier van die verdagtes word van verkragting aangekla terwyl al ses verdagtes van ontvoering aangekla word. Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Vieslik verby! Maar mense kom mos met enigiets weg – ons het die wonderlikste wette, net dit word nie toegepas nie! Verder kom daar wel iets van en loop op ‘n hofsaak uit, dan verdwyn inligting of daar is nie genoeg inligting… arme meisie, ek kry die in die “rural” areas SO jammer. Hulle het nie toegang tot mense/hulp/sielkundiges ens wat met hul na so grusame ondervinding kan werk en hul help om dit te verwerk nie. Baiekeer eindig so ondervinding in ‘n ongewenste swangerskap en dan sit sy met die gebakte pere. Ek dink nie ons besef hoe erg sommiges dit het in hierdie land nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.