Ses vas ná metropolisie op mynskag toeslaan

Foto: EMPD

Ses verdagtes is in hegtenis geneem nadat lede van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se opsporing-en-eerstereaksie-eenheid op ʼn ongebruikte mynskag naby Benoni aan die Oos-Rand toegeslaan het.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die EMPD, het gesê die EMPD het Maandagoggend op die Van Ryn-mynskag toegeslaan waar ses verdagtes tussen 23 en 30 jaar oud vasgetrek is. “Die verdagtes was aan’t gereed maak om ondergronds te gaan,” het Mokheseng gesê.

Al die verdagtes is buitelandse burgers. Daar is ook op toerusting beslag gelê wat tydens onwettige mynaktiwiteite gebruik word.

Foto: EMPD

“Terwyl beamptes op die toneel ondersoek ingestel het, het hulle ʼn wenk van ʼn straatsmous ontvang oor ploftoestelle wat in een van die klein hutte, nie ver van die toneel af nie, gehou word. ʼn Gespesialiseerde eenheid is ontbied en SAPD-lede van die Benoni-plofeenheid het hulle ook na die toneel gehaas. “Daar is op meer as 100 ploftoestelle beslag gelê.”

Die verdagtes sal binnekort in die Benoni-landdroshof verskyn op aanklag van onwettige mynbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sakkie ·

Goeie werk EMPD.

Die Ironie waar mee ons hier aan die Wesrand sit is dat, die Lindela repatriasie sentrum regoor ‘n onwettige plakkerskamp geleë is. Daar is letterlik ‘n teerstraat tusen hulle grens muur en die plakkers. Na berig word bestaan die plakkerskamp uit 3 verskillende groepe van ongeveer 3000 onwettige immigrante. Wat gereeld gesien word waar hulle die R28 kruis om onwettig te gaan myn. Mense word van ooral oor aangery Lindela toe vir repatriasie. Tog gaan die groep ongestoord voor met hulle bedrywighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.