Ses vas ná moordtog

misdaadtoneel

Argieffoto

Ses mense sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn in verband met die moord op 11 mense in die Sondela- informele nedersetting naby Rustenburg in Noordwes.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes is tussen Maandag en Dinsdag in hegtenis geneem.

“Die verdagtes, tussen 34 en 56 jaar oud, sal in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, moord, brandstigting en sameswering om misdaad te pleeg,” het Mokgwabone gesê.

Die inhegtenisneming kom ná voorvalle van oënskynlike boendoegeweld in Sondela waartydens 11 mense vermoor en verskeie eiendomme beskadig is.

In die eerste voorval is die liggame van twee mans op 18 November gevind. Buitebande is gebruik om hulle dood te brand. Mokgwabone sê die polisie het intussen vasgestel dié twee mans is van Matatiele in die Oos-Kaap afkomstig.

Daarna het nog voorvalle gevolg waarna nog liggame op verskillende plekke in die nedersetting gevind is. Een van dié oorledenes is doodgesteek.

Die oggend van 26 November is die liggame van vier mans en ʼn vrou op verskillende plekke in die nedersetting aangetref. Mokgwabone wou nie oor die motief vir die moorde bespiegel nie en sê dit sal deel van die polisie se ondersoek uitmaak.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die moorde ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Nou probeer die SAPD die etniese wrywing verdoesel om dit nie as moontlike motief te noem nie.
Etniese-, rasse-, en vreemdelinge haat is algemeen en dieselfde ding.

Maljan ·

Wel, mamma afrika het weggekom met die tire moorde war sy laat pleeg het in die naamvan die struggle. Al die brandstigters tydens betogings loop skotvry, wat maak hierdie moorde en vandalisme dan anders? Straf alle kriminele. N mense protesteer mert woorde nie dade nie. As iemand nie met jou siening saamstem nie, is dit hulle goeie reg, nie n doodsvonnis nie. Wees konsekwent. Straf kriminele dade nie woorde en nalating om n lisensie te hernieu nie.

Werner ·

Is boendoe geweld nou die nuwe naam vir etniese geweld sodat dit net nie aan rasisme gekoppel kan word nie

wraggies ·

Hoop om die gewone betogers waar te neem by die hof in hul getalle, 11 mense vermoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.