Ses vas ná Sannieshof-plaasmoord, boervrou ontslaan

Marlette as “oorwinnaar” in die hospitaal. Foto: Verskaf

Ses verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die plaasmoord Dinsdagaand in die Biesiesvlei-omgewing naby Sannieshof in Noordwes.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die verdagtes, tussen 27 en 38 jaar oud, is Donderdagaand in Sannieshof in hegtenis geneem.

“ʼn Skootrekenaar en drie selfone wat vermoedelik tydens die voorval geroof is, is in die verdagtes se besit gevind.” Die verdagtes sal na verwagting Maandag in ʼn nabygeleë landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig die Greyling-egpaar, Marlette (57) en BC (59), en BC se ma, Magdaleen Greyling (87), het die aand omstreeks 19:30 aan tafel gesit besig met aandete terwyl hulle nuus gekyk het.

Drie verdagtes het toegang tot die huis verkry deur een van die slaapkamers se groot vensters te breek. Drie het glo buite die huis gewaak. BC het gaan ondersoek instel en was skaars in die portaal toe ʼn verdagte hom trompop in die bors geskiet het sonder om ʼn woord te sê.

Marlette is tydens die voorval in haar regterblad geskiet. Die koeël is by haar links bó haar buik uit en het een van haar longe skrams gemis. Magdaleen het na die sitkamer gevlug en het onder ʼn tafel weggekruip.

BC is op die toneel dood. Marlette moes na ʼn hospitaal geneem word. Magdaleen is ongedeerd maar getraumatiseerd.

Die verdagtes het met vuurwapens, drie selfone en die egpaar se bakkie van die toneel gevlug en het ontsnap deur van ʼn dienspad langs ʼn spoorlyn gebruik te maak om blokkades wat deur omliggende boere gestel is te vermy.

Die bakkie is later verlate naby Ottosdal opgespoor.

Hoewel Marlette nog in rou is oor haar man se dood, is sy Vrydag ontslaan en het kop om hoog as ʼn “oorwinnaar” uit die hospitaal gestap.

“Sy kan nog nie teruggaan na haar huis toe nie omdat die polisie steeds besig is om die huis vir leidrade te fynkam, maar sy wil teruggaan plaas toe. Sy gaan nie dat hierdie voorval haar onder kry nie,” het Carin Visser, Marlette se jarelange vriendin en Sannieshof se DA-raadslid, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Visser is ook die DA se voorsitter vir Noordwes en is vol lof vir die polisiebeamptes se “puik” speurwerk wat tot die verdagtes se inhegtenisneming in die Agisanang-nedersetting gelei het. Volgens Visser ken Marlette nie die aanvallers nie.

Sy het gesê Marlette gaan by ʼn vriendin woon totdat sy weer kan terugkeer na haar plaashuis.

“Sy het in die hospitaal ʼn rooi vlag vasgehou om te wys dat sy ʼn oorwinnaar is. Sy wil nie hê mense moet dink sy is lighartig oor die voorval nie – sy is gebroke, maar gaan hierdie situasie oorwin. Sy het gesê sy kan nie toelaat dat sulke slegte omstandighede haar karakter en menswees vir die res van haar lewe só skend dat sy ʼn versukkelde mens gaan wees nie.”

Die Greyling-egpaar het drie seuns, Gerhard, hul oudste, Marius en Christo. Gerhard en Marius woon in Kanada. Christo woon op ʼn plaas naby sy ouers. Die egpaar het ook drie kleinkinders.

Gerhard en Marius het intussen vanuit Kanada in Suid-Afrika aangekom om hul ma by te staan en met die begrafnisreëlings te help. Die gesin hoop om BC volgende week te ruste te lê.

Die skoondogters en kleinkinders sal na verwagting Maandag in Suid-Afrika aankom.

BC en Marlette Greyling. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

mel ·

Sterkte Marlette, jy is ‘n dapper vrou en voorbeeld vir ons almal, dink aan jou in hierdie verskriklike tyd en mag God jou met sy liefde omhels

Berhalet ·

Mevrou Greyling. Om deur só ‘n traumatiese ervaring te gaan en steeds só te glimlag is ongelooflik! Jy is ‘n heldin, oorwinnaar en toonbeeld van braafheid! Ek admireer jou! Mag God jou elke oomblik van elke dag met Sy liefde omvou en jou deur jou donker tye dra!

al ·

Dis opvallend hoe min elektroniese toerusting gesteel word in plaasaanvalle en moorde. Dis waarom ek sê roof is net ñ bysaak.
Nietemin sterkte op jou pad vorentoe en mag die Here se genadige hand oor jou wees.

Paul ·

Die hoof ding wat hulle wil steel, is vuurwapens en kontant. Dis algemeen bekend dat boere dikwels vuurwapens het en ook dikwels kontant het om lone mee te betaal.
Die prys vir ‘n vuurwapen op die swartmark is baie meer as die prys vir ‘n selfoon of ‘n rekenaar.

lw ·

Dankie vir die polisie se flinke optrede dat ses gearresteer is.

Ada ·

Sterkte Mev en alles van die beste vir julle familie!
Ek haal my hoed vir jou af!

Amanda Owen ·

Dit is die Marlette wat ek ken!!! Oorwinnaar deur Jesus Christus. Vader God sal jou hierdeur dra. So jammer dat jy die verlies van BC moet ly maar jy het ‘n Trooster. Baie sterkte & dink aan jou.
Dankbaar dat die skuldiges aan die pen sal ry.

Geregtigheid ·

@Maroelamedia: Hou ons asb op hoogte van die hofverrigtinge! Mag reg en geregtigheid seëvier en die publiek saamstaan by die hofverrigtinge sodat nie een van die moordenaars skotvry wegstap nie. Dis net ‘n oorwinning as hierdie moordenaars lewenslank toegesluit word.

Betoog ·

Gaan die EFF daar ook betoog by die landros Maandag soos in Coligny vandag?!!

GR ·

Al my simpatie,maar kom ons kyk hoeveel betogers sal Maandag by die hof opdaag,kan solidariteit nie ook mense met busse aanry om te betoog nie?

ice ·

Zuma se woord by klein dogtertjie se begrafnis: “I hope the country will realise that on the issue of crime we are facing a serious matter. There is neagtivity in the country. There is something that has gone wrong”. Ek kan 1 000 goed hierop sê. Almal weet die orders kom van hom af om plaasmoorde te pleeg – of weet hy dalk nie dat daar vrouens en kinders ook op plase bly nie.

Betoog ·

Nou moet al die Boere ook voor die hof met plakkate gaan betoog!

Peet & Elsa ·

Marlette, Gerhard,Marius en Christo asook julle gesinne.
Baie sterkte en vertroosting van die Heilige Gees bid ons julle toe. Maar dis so kosbaar dat ons kan sê “Dit is nie deur krag of deur geweld maar deur My Gees so spreek die Here!”
Hy wat in julle woon is wat julle die oorwinning en genesing sal gee !
So trots op julle.

sakkie ·

Het die Afrikaner al vergeet wat Hy al als reg kon kry. Wat is fout met ons. Seker gaan dit nog nie sleg genoeg nie. Miskien moet ons meer bid, of miskien moet ons maar maak soos in die bybel en die vyand verslaan. Of is ek dalk verkeerd….

Vic ·

Ja, Sakkie, ongelukkig is daardie dae verby. Dis nou net n geteem en gekla. Hoe meer ek daaroor dink hoe meer dink ek dit was seker ook maar net n klein groepie dapperes wat die res staande gehou het deur al die jare.

LTS ·

BOERE ……Boikot seisoenale werkers uit Agisanang…..hopelik sal inwoners lig sien in hul eie ELLENDE en situasie waarvoor hulle gestem het…..

Ben ·

Sakkie jy,s 100% reg. Net een probleem. Daars nie genoeg van jou en my nie. Miskien moet ons bymekaar kom.

rafel ·

As ek naby gewoon het en nie moes werk nie was ek by elke hofsaak om te betoog…..so bly hulle is gevang. Vuilgoed.

Netta Conradie ·

Ek wil vra nou wat nou…..oor n paar maande is hul weer op straat…Kan die regering en DA nie iets doen om ons boete te help nie? Om huis veilig te kry kos geld. Asb hierdie boer was n klasmaat….sterkte aan sy vrou….sluit die 6 op en gooi sleutels in die see…..Maroela help om die moorde asb meer onder die regte mense se aandag te bring. Dankie

cs ·

Daar is nie ‘n manier nie! Vrou ek haal my hoed vir jou af. Sterkte met die pad vorentoe. Jy is ‘n baie beter mens as ek!

Johan Likkewaan ·

Jy is ‘n baie sterk vrou en so bly jy sien die goeie kant van die lewe hierna.
Steeds skrikwekkend dat 6 van hulle gekom het. 6?! Mens verwag dalk twee of drie, sjoe.

Jaco Grobler ·

Ystervrou, jy stap beslis voor my in by die restaurant Marlette, jy is ‘n ongelooflike voorbeeld vir ons.

Mari-Louise ·

weduweeskap is geen grap….veral alleen op ‘n plaas…dit is ‘n lang eensame pad wat jy dag vir dag leer stap……so BAIE BAIE STERKTE DAARMEE…..veral as die verlange te veel raak…..in die proses leer jy om op Jou Vader se skoot te sit …enigste manier….wees nugter en altyd paraat….en as jy dalk jou blyplek moet verander, doen dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.