Ses vas ná skietery by Jhb

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

Vyf van die ses verdagtes wat Maandag ná ʼn heen-en-weer-skietery in hegtenis geneem is, is gewond en word onder polisiebewaking in ʼn hospitaal behandel.

Die groep mans is aangekeer nadat lede van die Valke se taktiese eenheid, met behulp van die distrik- taktiese eenheid in Ekurhuleni, die eenheid vir misdaadintelligensie, Tracker Connect, die Gautengse verkeerspolisie en Badboyz Security Response, ʼn grootskaalse soektog na hulle van stapel gestuur het.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê die eenheid het inligting ontvang oor ʼn groep vermeende rowers in ʼn wit Kia-minibussie wat glo op pad was om ʼn rooftog in die Johannesburgse middestad te pleeg.

“Die verdagtes is op die M2-hoofweg opgemerk en die span het hulle probeer voorkeer. ʼn Skietery het uitgebreek en die verdagtes se voertuig het teen ʼn ander voertuig gebots terwyl hulle probeer vlug het.

“Drie verdagtes is dadelik aangekeer. Die vierde het probeer ontsnap deur ʼn Toyota-bakkie te kaap, terwyl die vyfde verdagte in die bosse geskuil het,” sê Mogale.

Hulle is albei kort daarna aangekeer.

Die polisie het ook inligting opgevolg oor die sesde verdagte en hy is aangekeer nadat hy in ʼn mangat in die middestad probeer wegkruip het.

Die voertuig waarmee die verdagtes gery het, is verlede maand in Heidelberg gekaap.

Die polisie het beslag gelê op ʼn AK47-aanvalsgeweer, twee pistole en die twee gekaapte voertuie.

Die verdagtes sal aangekla word van poging tot moord, kaping, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die besit van ʼn gesteelde voertuig. Hulle verskyn binnekort in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Nou moet belastingbetaler vir boewe sorg. Verwyder hul totaal uit samelewing. Welgedaan Valke. Jul skietopleidind kort egter aandag!

JM

Die Wilde Weste was mak! Elke tweede een is deesdae gewapen. Dit word net erger!

casper

In verdere nuus behoort hulle oormore op borgtog vry te wees totdat die saak oor 10 jaar gehoor kan word.