Ses vas ná talle kapings

Foto: SAPD.

ʼn Groep mans wat glo die gemeenskap van Umlazi en inwoners van omliggende gebiede in KwaZulu-Natal geterroriseer het, is vasgetrek.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ses verdagtes is opgespoor en in Folweni en Umlazi vasgetrek.

Volgens Zwane word die verdagtes verbind met drie kapings wat in die afgelope twee dae in Folweni, Umlazi en Bhekithemba plaasgevind het. Die verdagtes sal volgens Zwane binnekort in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklagte van kaping, ontvoering en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Volgens Zwane kan die verdagtes moontlik met talle ander kapings in en om Durban verbind word. “Daar is op talle gekaapte voertuie beslag gelê sowel as ʼn pistool en ʼn speelgoedpistool, wat glo in die uitvoer van verskeie misdade gebruik is,” het Zwane gesê.

Van die gesteelde goedere van beweerde slagoffers is ook teruggevind. Dit sluit items soos ʼn polshorlosie, motorsleutels, selfone en drank in.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die inhegtenisnemings as ‘n beduidende deurbraak bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Tiger ·

Alle speelgoed gewere en handwapens behoord verbied te word.Dis haas onmoontlik om te sien of ‘n wapen ‘n speelding is of nie tydens ‘n rooftog of aanval.

Cherokee ·

As daar ‘Made in Hong Kong’ op dit geskryf is, is dit waarskynlik plastiek.

Alida ·

En wie gaan eers kyk of dit “made in Hong Kong” as jy gekaap word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.