Ses vas ná Vrystaat-plaasaanval

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Ses Zimbabwiërs is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn 65-jarige boer en sy 60-jarige vrou op hul plaas buite Bothaville in die Vrystaat aangeval het.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer en sy vrou was Sondagoggend kerk toe in Bothaville. Hulle is met hul terugkeer op die plaas deur ses gewapende mans oorval. Die verdagtes het die boer se hande met draad vasgemaak en die kluis se sleutels geëis.

Volgens Kareli het die boer se vrou kort na hom in ʼn ander voertuig op die plaas aangekom. “Haar klere is met geweld verwyder en haar hande is ook vasgebind. Drie van die verdagtes het haar probeer verkrag maar het nie voortgegaan nie,” het hy gesê.

Die verdagtes het met die boer se Ford Bantam-bakkie, vyf pistole, ammunisie, juweliersware en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gevlug. Volgens Kareli kon die boer daarin slaag om homself te bevry nog voor die verdagtes van die plaas af gevlug het, en het hy boere op naburige plase sowel as die polisie ontbied.

Volgens Kareli het een van die plaaswag se patrollievoertuie die boer se Bantam-bakkie gewaar en het die verdagtes te voet in mielielande in gevlug. Lede van die plaaswag het die gebied afgesper en ʼn polisiehelikopter het die gebied gefynkam waarna die ses verdagtes in hegtenis geneem is. Daar is ook op die gesteelde goedere beslag gelê.

Die verdagtes, tussen 19 en 34 jaar oud, sal binnekort in die Bothaville-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof en poging tot verkragting. Twee van die verdagtes woon in die Bothaville-area.

Lt.genl. Thabethe Mpembe, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie en lede van die landelike gemeenskap geloof vir hul vinnige reaksie. “Ons is dankbaar dat daar geen lewensverlies was tydens die aanval nie en dat die verdagtes aangekeer is.”

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

david ras ·

Weereens Zimbabwiers betrokke ! Is die RSA dan nou ‘n provinsie van Mugabe se koningryk ?

SNEL ·

Jare terug, toe daar nog wet en orde was, het army ouens op die grens gesterf om ongewenste elimente uit die land te hou. Nou stroom hulle van alle kante af in en niks word daaraan gedoen nie, hulle het geen werk of reds om in SA te wees nie, maar kom om te steel en vermoor. Sal hierdie dinge ooit einde kry of is dit nou ons lot? Sitting targets, wag om te kyk wie is volgende. Ander lande duld nie onwettige immigrante nie, hulle word nog op hul roete al terug gestuur, hoekom moet ons dit sluk.

Boesman ·

Mooi mooi MOOI! Sulke goeie nuus op ‘n Maandag oggend. :-D

Sollie ·

Zuma is mos groooot pelle met Bob so sy landgenote is baie welkom. So ook Mosambiekers. Albei lande se inwoners is glo volop in ons tronke volgens ‘n opname waarvan ek paar jaar gelede gelees het. Nigeriers = dwelmsmousers en alles wat daarmee gepaardgaan soos bv prostitusie, geldwassery ens. Enigstes wat ek van weet wat WIL werk en nooit probleme gee is Malawiërs. Geen werk in hul land, geen myne ens so hulle weet hulle meot hulself hier gedra. En tog word hulle meestal uit die land gesit, kry nie werkspermitte ens.

Theresa ·

Waarvoor inhegtenis neem. Môre is hulle vry en hulle sal weer terugkom. Skiet hulle net daar dood. Minder shlep. Hoogtyd dat ons dan nou maar self optree aangesien niks vir ons boere op hul plase gedoen word nie.

Grassie ·

Die feit dat die aanvallers gevang en die gesteelde eiendom teruggevind is maak geen verskil aan die vernedering en geestelike trauma wat daardie dame moes deurmaak nie. Dit ontstig my geweldig as ‘n dame verneder word, veral deur sulke barbare. Ek sou hulle graag dood wou sien.

Jasper ·

Opgeleide gemors. Van die knape het hulself in die landerye begrawe sodat net hul neuse uitsteek in n poging om nie opgespoor te word nie

mariana ·

Help nie eers ons stuur die gemors terug na hulle land toe nie. More is hulle terug !

scalla ·

Wat soek die gemors hier, instromingsbeheer is mos afgestel. getalle word benodig by die stembus, pateties, die bewysse is mos daar, skiet dood en kry klaar.

Willie ·

Daar is al by herhaling geskryf dat omtrent al hierdie moorde deur zimbabwiers of mozambiekers gepleeg word. Daar is omtrent niks in hulle lande oor om te oorleef nie,nou stroom hulle maar oor die grense om te roof en te moor. Hier is geen doodstraf nie, m.a.w. Hoe langer die tronkstraf hoe langer sorg ons vir hulle .

FOX ·

Huisroof en poging tot verkragting?
Is dit nou al??? En dan uit op R50 borg binne n week of twee met n verhoordatum 2 jaar later? Wat van die betreding, aanranding, seksuele aanranding, motor diefstal en wie weet wat nog alles bygevoeg behoort te word! Maar dis soos Zuma gese het: “SA se probleme het begin toe Van Riebeek in 1652 aan wal gekom het!” Dit spreek boekdele van wat hy van die Blankes dink! Die land raak onregeerbaar en die barbare neem daagliks oor met hul verwoesting!

boeremeisie ·

Wat kan ek se as ‘n plaasaanval Sondag net ‘n paar km van ons gepleeg is? Gister(Maandag) was daar weer ‘n plaasaanval in Viljoenskroon niemand is beseer nie. Die boer was nie daar nie, maar sy kantoordame het deurgeloop. Darem nie seergekry nie. Jou kop draai en draai jy voel naar.Jy weet nie moet jy lag oor die belaglikheid vd situasie of huil nie. Wat deur my kop gaan is hoekom, hoekom, hoekom!!??. Ons is nog jong boere. Op Universiteit het ons gehoor ons is te wit om beurse te kry, in die werksplek kry jy nie werk of word net nie bevorder nie want jy was moes gebore in apartheid en mamme en pappe het genoeg gebaat by apartheid. Dan moet ek nog aanhoor al die nuwe belydenisse wat ek in my kerk moet aanvaar. Hoe laat dit my voel? Ek HAAT ek is kwaad en ek braak gal en eks depressed oor alles in die land. Na al hierdie slegte goed wat in ons land met alle ouderdomsgroepe gebeur maak dit jou opstandig en kwaad en ‘n hele rits emosies volg. Soos wat ek nog altyd doen wend ek my na God. Hy kom en verander al daai haat,kwaad,opstandigheid en frustrasie en gee my ‘n uitklophou. Hy verander my hart dat ek met ander oe na hierdie probleme kan kyk. Hy se vir my die mense wat julle beskou as julle vyande ek het hulle ook lief! Dis mense wat verskriklik verlore is en ver van my lewe. Ekt so by myself gedink ons is nou al ‘n paar eeue in die land. Het ons regtig vreeslike moeite gedoen om die swart mense v.d land na God te lei? God het ons vir ‘n rede na die Suid-punt van Afrika gestuur. Maar deur die verloop van tyd het ons blanke en swart mense toegelaat dat haat so groot skeiding tussen ons bring dat ons die swart mense nie na God kon lei nie. Wat het Saulus gedoen voordat hy Paulus geword het. Hy het hope Christene vermoor en haat het hom gedryf. Toe kom God en verander hom en hy het baie Christene na God gelei. Ek weet in baie plaasaanvalle getuig die slagoffers van die vreeslike haat in die aanvallers se oe. Ek weet nie wie agter die beplanning en uitvoer van die plaasaanvalle sit nie. Ek weet dat dit wel baie baie bose mense is wat deur die boosheid beheer en regeer en gelei word. Ons moenie plaasaanvalle sien as net ‘n aanval op blankes nie. Nee dis ‘n aanval op Christene deur die boosheid self. Ons is redelik nog ‘n gelowige volk en daar is boosheid daar buite wat die laaste bietjie van God se kinders wil verwyder. Dit gebeur nie net in ons land nie dit gebeur met Christene regoor die wereld. Die ontberinge wat ons broers en susters moet deurgaan in ander wereld dele is baie erger as hier. Elke aand voordat ons gaan slaap pleit ek die bloed van Jesus oor ons vir beskerming vd aand en dag op die plaas. Ek vra God dat hy sy weermag engele sal stuur om oor ons te waak en ook oor elke boer en sy gesin. Hou op gal braak en negatief wees oor die mense wat die boere aanval of enige swart op wit aanval in die land.BID BID BID BID.God was en is en sal altyd op die troon wees en HY is in beheer. Al lyk dinge en die situasie in die land hoe donker moenie ophou bid nie. Bid dat die mense wat hierdie plaasaanvalle beplan van hul bose planne sal afsien. Bid dat God die harte van swart mense in die land sal verander en dat hulle in hul duisende tot bekering sal kom. Bid dat elke boer daagliks Hemelse beskerming sal ontvang. Bid dat God ons as ‘n nasie sal genees en dat ons mekaar kan vergewe sodat ons broers en susters in geloof kan wees.Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.