Ses vas ná wilde skietery in die weste van Gauteng

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Ses gewapende rowers is Woensdagoggend naby Krugersdorp aan die Wes-Rand aangekeer ná ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.

Maj. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het op ʼn wenk reageer dat verdagtes wat vroeër ʼn vragmotor se vrag sigarette in Klerksdorp in Noordwes beroof het, op pad was in die rigting van Krugersdorp.

“Die verdagtes het die sigarette  wat hulle geroof het in ʼn Quantum-bussie en twee ander voertuie gelaai, en in ʼn konvooi van vyf voertuie van Klerksdorp na Krugersdorp gery,” het Mngomezulu gesê.

Die polisie het die Quantum-bussie opgemerk en begin agtervolg waarna ʼn wilde oor-en-weer-skietery op die N14-snelweg in Oak Tree uitgebreek het. “Insittendes in die voertuie wat die bussie vergesel het op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en een van die verdagtes gewond.”

Van die verdagtes kon daarin slaag om in twee van die voertuie weg te kom. Die polisie het op die bussie en twee ander voertuie vol sigarette, asook twee seinblokkeringstoestelle beslag gelê. Vyf verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem en die gewonde verdagte is onder polisiebewaring na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het ernstige beserings opgedoen.

Mngomezulu het gesê die verdagtes word onder meer aangekla van die besit van gesteelde eiendom en moet binnekort in die hof verskyn. Die soektog na die verdagtes wat ontsnap het duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

nig ·

Ek bly hier en dis maar net so wild soos enige ander plek deesdae in SA!

J.Z ·

Mooi gedoen polisie ,dit is verblydend om sulke berigte te sien,net jammer julle het nie meer raak geskiet nie sodat hulle dit aan hulle bas kon voel .

BoereBikerBaby ·

wel dis darm so bietjie goeie nuus vir die dag… wel gedaan aan die SAPS mense wat nog trots in hul werk het..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.