Ses vas oor bokke in kattebak

Bokke in die kattebak Foto: SAPD

Bokke in die kattebak Foto: SAPD

Ses mans is in Wolmaransstad in Noordwes in hegtenis geneem nadat twee bokke in die kattebak van ʼn Volkswagen Jetta gevind is.

“Beamptes van die polisie het Vrydagoggend reageer op ʼn klag oor ʼn verdagte voertuig langs die R501 (Wolmaransstad-Leeudoringstad)-pad,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Volgens die ses mans, wat die beamptes by die motor aangetref het, het hulle sonder brandstof gaan staan.”

Die polisie het die voertuig deursoek en die twee bokke in die kattebak gevind.

Die verdagtes, tussen 21 en 49 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

alida ·

Ek hoop die arme bokke was reeds dood toe hulle in die kattebak gelaai is. Die barbare dink mos nie aan diere wat in die bloedige hitte in ‘n kattebak gelaai word nie. Dit is net ‘n gevoellose barbaar wat sulke dinge doen.

Bruno Stef ·

Die bokke is tien teen een iewers langs die pad op n plaas ge-oks deur mense wat gaan vertel dat hulle vreeslik hongor is.Gewoonlik maak hulle twee bokke in een “Sitting” klaar.

SNEL ·

Ek dink nie die bokke is dood nie ( sal nogal graag wou weet), want hulle soek hom mos “fresh”. Net as mens dink jy het nou alles gesien dan pop daar n nuwe ding op wat jou mond laat oophang.

scalla ·

6 Mans in n jetta, hul verweer is seker die bokke het geryloop, veediefstal is n groot probleem in die area, mag hul swaar gevonnis word

Lou ·

Daai bokke le nie soos dood nie. Ek reken hulle lewe nog.Hoop hulle regmatige eienaar word opgespoor dan sal dit uitkom dat hulle nie gekoop is nie want watter boer sal sy diere aan iemand verkoop wat die diere op daardie manier vervoer.

M Jordaan ·

Ek wil ne n regstelling maak dit was nie die SAPD wat hulle deursoek het nie dit was Johan en Marietjie van JNC Security, Ons het die wenk gekry en hulle ondervra en op die bokke af gekom waarna ons die SAPD gekontak het.

pop ·

Ek haal my hoed af vir die arme Jetta. Swaar dra die arme motor. Waarvoor sou hulle aangekla word. Diere het mos nie regte in ons land nie. Siek spul.

Belinda ·

Wou sekker die bokke verkoop om petrolgeld te kry………….jis dis darem n wrede klomp mense waarmee mens elke liewe dag moet saamleef…………..

Johann Marx ·

Ek weet van ten minste 8 ander bokke wat ek ook in ‘n Jetta se kattebak sal stop….maar Engeland is te ver.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.