Ses vas oor diefstal by departement

Foto verskaf deur die SAPD

ʼn Personeellid van die Noord-Kaapse departement van gesondheid en vyf veiligheidsbeamptes is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van diefstal van staatseiendom.

Sers. Omphile Masegela, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het inligting ontvang oor skoonmaakmateriaal en ander items wat sonder ʼn bevel van die departement se perseel verwyder is. “Die verdagtes het vermoedelik die gesteelde items onder mekaar uitgedeel en nog items is by een persoon se huis gehou vir verdere verspreiding.”

Tydens ʼn soektog van die huise het beamptes beslag gelê op vermoedelik gesteelde eiendom soos beskermende en skoonmaakmateriaal, ʼn televisiestel en ʼn lugversorger van die departement van gesondheid, alles ter waarde van ongeveer R100 000.

Die ses persone, tussen 30 en 51 jaar oud, sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anel ·

O, vader, red nou ‘n nasie of land met al hierdie tipe mense. Daar is geen verskoning nie.

Fedup ·

At least they brought their own bags.
Lets see the faces. Turning your back is rude.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.