Ses vas oor gesteelde skape

Die ses verdagtes wat in hegtenis geneem is. Die skaapkarkasse is ook op die foto te sien. Foto: SAPD, Bloemfontein

Die ses verdagtes wat in hegtenis geneem is. Die skaapkarkasse is ook op die foto te sien. Foto: SAPD, Bloemfontein

Ses verdagtes tussen 22 en 45 jaar oud is Saterdagoggend in Bloemfontein in hegtenis geneem op aanklag van gesteelde skape.

“Die skape is van Martin Landman van Harmonieplaas in Glen-distrik, gesteel,” het konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, in ʼn verklaring gesê.

Kareli het gesê lede van die blitspatrollie in Bloemfontein het omstreeks 04:00 ʼn verdagte Mitsubishi 1 ton-vragmotor met ʼn bagasieseil op die N1 opgemerk. “Hulle het die voertuig afgetrek en die bestuurder het gesê hulle is konstruksiewerkers op pad na Bloemfontein. Een van die beamptes het egter opgemerk daar drup bloed agter uit die vragmotor en hulle het die 25 geslagte skape ontdek. Die skape se nekke is almal afgesny.”

Die veediefstaleenheid van Bloemfontein is na die toneel ontbied en al ses verdagtes is in hegtenis geneem.

Landman was nog nie bewus van die diefstal toe die polisie hom in kennis gestel het nie. Die skape, ter waarde van R40 000, is aan hom terugbesorg.

Die verdagtes is almal van Bloemfontein en sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ilse Strydom ·

En wat moet die boer nou met die karkasse doen?! Hulle was veel meer werd lewendig! En die misdadigers pleit in die hof hulle was “hongor”!!! Ek is nou so boos ek kan slange vang en dis nie eens my skade nie!!!

Trippie ·

Stem Ilse, dit is die standaard verskoning (HONGOR, jy spel dit SO REG) en dit word mos so aanvaar in die nuwe “verbeterde” Suid-Afrika.

Belinda ·

Blerrie skane wat hulle aan daai arme dier gedoen het dan praat ek nie eers van die skade wat die boer ook het nie…………………….verbrand maar die vleis en moenie dit eers vir die gee wat dit nodig het nie want more kom steel hulle maar net weer…………………….. :-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.