Ses vas oor geweld in Pretoria-Wes

Die toneel in Pretoria-Wes (Foto: ANA)

Die toneel in Pretoria-Wes (Foto: ANA)

Ses persone is in hegtenis geneem ná geweld op uitlanders, veral Nigeriërs, wat Saterdag in Pretoria-Wes uitgebreek het.

“ʼn Vrou is in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld nadat die polisie ʼn saak van brandstigting en openbare geweld aanhangig gemaak het,” het kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê.

“Nog vyf verdagtes is in drie afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem terwyl beamptes die gebied gemonitor en gepatrolleer het. Twee persone is in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel, twee vir die besit van gesteelde goedere en die vyfde persoon vir die besit van ʼn gevaarlike wapen,” het sy bygevoeg.

Minstens twee huise en verskeie motors is Saterdag in die gebied aan die brand gesteek toe ʼn groep uitlanders van dwelmhandel en prostitusie beskuldig het.

Selepe het die Pretoriase gemeenskap teen straatgeregtigheid gewaarsku. “Die ses verdagtes sal binnekort in die hof verskyn. Ons maan lede van die publiek om nie die reg in eie hande te neem nie en om enige verdagte of kriminele aktiwiteit by die naaste polisiestasie aan te meld.”

Talle voertuie van die Tshwane-metropolisie en die SAPD het Sondag die gebied gepatrolleer.

Sommige Nigeriërs het gekla dat die polisie nie ingegryp het toe hulle Saterdag aangeval is nie. Hulle het gesê hulle het die polisie ontbied, maar die polisie het die Nigeriërs in die gebied “geteister”.

“Ons is kwesbaar, want ons het niemand wat ons kan beskerm nie. Die Suid-Afrikaanse regering het weereens bewys dat hy nie vir die lewens van uitlanders omgee nie, veral nie Nigeriërs nie. Dit is nog net die begin, want daardie boewe sal nou ons swaarverdiende bates kom plunder. Ons word nou van alle kante af aangeval,” het Lawrence Bia, wat al die afgelope 20 jaar in Suid-Afrika woon, gesê.

“Ons gaan nie net staan en toekyk hoe ons eiendom geplunder word nie. As die owerhede ons nie kan beskerm nie, het ons regsmiddele om onsself te verdedig. Ons is hier in die land vir wettige bedrywighede en daar is baie Suid-Afrikaners wat in ons land bly en sake doen,” het hy gesê.

Jide Ajibade, nog ʼn Nigeriër, het gesê spanning tussen Suid-Afrikaners en uitlanders moet ophou. “Die geweld moet nou ophou, of die rimpeleffek sal golwe veroorsaak, meer as wat enigiemand verwag. ʼn Oorlog bring net hartseer, diepgewortelde haat en monumentale verliese. Ek glo ons moes ons gasheergemeenskappe en die wette van die land respekteer deur te voldoen aan al die wette en reëls. Maar daar is ʼn ontstellende neiging, veral van swart gemeenskappe, wat onverdraagsaamheid en minagting jeens migrante betref, veral immigrante van Afrika-lande.”

Maroela Media het vroeër berig die African Diaspora Forum (ADF) het die geweld veroordeel en die Suid-Afrikaanse regering gemaan om “alles moontlik te doen” om die aanvalle te verhoed.

Selepe het egter bewerings, dat die polisie nie ingegryp het toe die Nigeriërs aangeval is nie, ontken. “Daar is glad nie so iets soos dat die polisie net gestaan en niks doen het nie. Dit is die Suid-Afrikaanse Polisiediens se mandaat om seker te maak dat almal binne die grense van Suid-Afrika veilig en beskerm is. Ons is daar om die vrede te bewaar,” het sy gesê.

Uitlanders moes verlede week uit Rosettenville in Johannesburg vlug ná voorvalle van bendegeregtigheid en aanvalle op beweerde dwelmhandelaars. Minstens 10 huise, vermoedelik bordele en eiendom wat aan dwelmhandelaars behoort, is aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

..en wanneer jy na die buiteland emigreer wil jy daar ‘hoort’.

Champ ·

Cherokee dit is absoluut ongevraagd. Eerstens is hierdie mense 90% van die tyd ONWETTIG hier en hulle hou hulle met prostitusie en dwelms op. Geen ander land sal ons WELKOM laat voel of laat HOORT as ons prostitusie en dwelmhandel pleeg nie, so vergelyk tog appels met appels. Ek stem saam met Tom, as jy onwettig hier is en onwettige bedrywighede hier beoefen HOORT JY NIE HIER NIE!!

kiri ·

Stuur die buitelanders terug na waar hul vandaan kom. Hulle veroorsaak net nog probleme in die land. Ons het al klaar genoeg probleme soos dit is.

Hannes ·

Ek wil se bou ‘n muur, maar hulle sal hulle pad bo-oor of onderdeur vind!

Ilse ·

Dis agv. die buitelanders dat daar so baie moorde en drugs in ons land is. Hulle onwettig in ons land en dis hoekom hulle by mis vinnger afdrukke kan vat en die persoon identifiseer.

Red ·

Kry die buitelanders uit die land uit. Hulle hoort nie hier nie. Dit is nie hulle land nie. Hoe gouer dit gebeur hoe beter.

Anoniem ·

Die “Laggende Nar” stel nie eens daarin belang om Suid-Afrikaners te beskerm nie hoekom sal hy nou daarin belangstel om Buitelanders te beskerm. Dit is ‘n feit dat die Polisie hande gevou staan op ‘n misdaadtoneel veral waar daar plundering plaasvind.

Nico K ·

Die meeste van die stellings hier bo is veralgemenings en enige veralgemening is verkeerd. Daar is geen wet in die wêreld teen immigrasie nie. Ons voorvaders het hierheen immigreer (en ons word tot vandag toe nog daaroor verkwalik). Asof alle “crime” in die land gaan ophou as ons geen buitelanders toelaat nie!

Nelia ·

Wat ‘n disgrace. Ek het daar groot geword en daar gebly vir amper 38 jaar . Dis jammer dat sulke mooi ou huise vernietig word. vir sulke gemors. Depoteer hulle terug van waar hulle kom asb!

Justice ·

SARS kan begin deur vir die belasting opgawes van daardie ontevrede Nigeriese “sakemanne” wat so op polisiebeskerming van hul sogenaamde bordeel (Dolls house?) aandring aan te vra.

Bydrae tot die land ·

Buitelanders moet ‘n positiewe bydra tot die land maak. Nigeriers veral is berug daarvoor dat hulle in mense handel betrokke is (of liewer die voorbokke is!), dat hulle ‘bedrywe’ dwelmhandel en prostitusie behels. Jammer Nigeriers, maar julle reputasie loop julle vooruit. “Hardverdiende bates” – werk julle daarvoor of buit julle kinders en vrouens uit om daardie “hardverdiende bates” te kon kry? Ek is jammer maar ek kan nie jammer voel vir wat met julle gebeur nie. En ook, mense wat wel in Nigerie werk vrees elke oomblik vir hul veiligheid. Hoeveel mense is al gyselaar geneem daar? Die Nigeriese regering beskerm niemand van daardie mense nie. Stop julle uitbuiting van mense wat julle toelaat om in hul land te bly en begin ‘n positiewe bydrae tot die samelewing maak, miskien sal julle dan anders behandel word!!

LOSKOP ·

Die Nigerier se rimpeleffek sal golwe veroorsaak wil hy daardeur se dat hulle wat tien teen een onwettig in die land is ook die S A mense sall aanval en hul hiuse brand?? Van my mense (swart werkers ) se al lankal die Nigeriers maak hul kinders dood (met al die drugs )vat hul vrouens en verkrag hul vrouens en die owerhede doen niks daaraan nie. Dieselfde het in Rosettenville gebeur ook Nigeriers wat die bordele en drug houses bedryf het . Ek stem met die mense saam die regering doen niks so vat die reg in eie hande

SARIE VAN HEERDEN ·

Los tog die “onluste” en wat daarmee gepaardgaan in Johannesburg en Pretoria met rus, want hulle doen ons ‘n baie groot guns deurdat hul ongevraagd die pligte van die wetstoepassers van ons stede oorneem. Terwyl hulle met mekaar doenig is het ons ander bietjie van ‘n blaaskans.

Michael ·

Die wat by misdaad betrokke is sê vingerafdrukke en DNA moet geneem word en hulle moet uit die land gejaag word ……soos ‘n President Trump sou gedoen het

jaco ·

almal van julle wat so aanhou sê “kry die buitelanders hier uit. hulle hoort nie in SA nie”, moet net die volgende in gedagte hou: ‘n paar jaar gelede tydens xenofobiese geweld in Pietermaritzburg het ‘n groep SA swartes ‘n groep buitelandse swartes in ‘n straat gejaag. Die wit en Indiër eienaars van ‘n paar besighede het gestaan en kyk wat aangaan. een van die SA swartes het na hulle gekyk en geskree “kyk maar lekker; onthou net julle is volgende”. Aanvalle op wit mense NET omdat hulle wit is, neem al hoe meer toe, so die “xenofobie” teen ons het eintlik reeds begin. Ek wens eintlik dinge wil nou rigting kry: dit gaan goedkoper kos om 4 miljoen wit mense te deporteer as 8 miljoen buitelanders wat uit die res van Afrika kom. Agiteer by die ANC om ons wit mense na Europa en Amerika te deporteer. Doen dit NOU voor dit te laat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.