Ses vas oor gewelddadige betogings in Harrismith

Die N3 in Harrismith is in ‘n stadium met klippe en buitebande, wat aan die brand gesteek is, versper (Foto: Skermgreep uit die video)

Die polisie monitor nog steeds die situasie in en rondom Harrismith, Tshiame, Khalanyoni en Makgolokweng in die Vrystaat waar onvoorspelbare gewelddadige betogings plaasvind.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mense is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met betogings op die N3 waar ʼn pad met klippe en buitebande, wat aan die brand gesteek is, versper is. Die hindernisse is later verwyder.

“Die betogers het ook petrolbomme gegooi na verbygaande motoriste en polisiebeamptes,” het Makhele gesê.

Die verdagtes sal Vrydag in die Harrismith-landdroshof verskyn.

Van die betogers het ou sinkplate gebruik as beskerming teen naderende polisiebeamptes.

“Die N3 was vir ʼn ruk lank vir motoriste se veiligheid gesluit. Die beamptes kon later die betogers laat verdaag en die pad is weer oopgemaak.”

ʼn Vragmotor is ook met ʼn petrolbom op die N3 aangeval, maar brandbestryders kon dit beheer.

“Die situasie is baie gespanne in en rondom Harrismith. Motoriste word gemaan om waaksaam te wees wanneer hulle die N3 en N5 in die rigting van Harrismith nader,” het Makhele bygevoeg.

Die betoging hou verband met inwoners se woede oor ‘n gebrek aan dienslewering en dat hulle nie meer deel wil wees van die Maluti-a-Phofung- plaaslike munisipaliteit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Nie Verbaas ·

Hoe kan hulle ongelukkig wees oor dienslewering? Hulle stem dan ANC. Dit is presies die klomp wat hulle goeie kaders daar ingekry het. Moenie nou huil nie.

Margaret ·

Dit is net jammer dat die munisipale werkers lekker by die huis sit en salarisse trek terwyl besighede in Harrismith swaar trek omdat die besighede moes toemaak omdat hulle gedreig is. Die verkeerde mense betaal nou die prys.

NEO ·

In plaas van by die provinsiale en munisipale kantore te betoog en af te brand, maak hulle dit vir onskuldige padverbruikers moeilik wat niks aan hulle situasie kan doen nie. Hoe minder hierdie soort van gebeure nuus dekking kry hoe minder sal dit gebeur.

Kokerboom ·

Rerig SAPD..julle laat boewery oogluikend toe terwyl jul “monitor”!!!Die boewe buit dit grootskaal uit!!!Die regerende elite is besig om ons land op ALLE vlakke te verwoes. En ons geagte Dr S Zuma is soos ‘n lam eend..sy het GEEN planne en skitter in haar afwesigheid rakende oplossings vir vervallende plaaslike owerhede

Persheks Adri ·

Stem Kokerboom hulle monitor net en doen niks verder nie dis ‘n verdomde skande! Dis nou die mense wat ons moet beskerm eish ons doen dit sommer self hel man

Persheks Adri ·

En die polisie monitor nog steeds die situasie pateties! Hulle gooi petrol bomme werklik en julle staan en mooi lyk pffft!!!

Net 6 is in hegtenis geneem??? Dis nou mense wat ons moet beskerm hel man. Ontbind hulle sommer, want hulle beteken niks vir ons nie.

Tjom ·

Gelukkig gooi hulle net klip tot 10pm. Daarna kom die polisie in swerms uit om boetes te skryf.

Ovelia ·

Waarom verban hulle nie alle betogings nie. Due regering weet nou al dt is nooit vreedsaam nie

Cherokee ·

Dit is hoe die regering aan bewind gekom het. Winkelbomme en betogings.

Cherokee ·

Die vraag aan opstokers behoort nie te wees oor vir wie hulle stem nie. Dit behoort te wees of hulle dienstegeld betaal. Onverstaanbaar hoe gekla kan word oor iets waarvoor nie betaal word nie. Dàn is ‘n halwe eier beter as ‘n leë dop.

Persheks Adri ·

Om hierdie som aan hulle te verduidelik gaan nie vir hulle sin maak nie Cherokee ons verstaan dit egter

Menan ·

Hulle het vanmiddag ,n trok gepetrolbom. Dis regtig nie veilig hier nie, glo my!!

Chris ·

Hoekom gooi hulle klip en brand. Daar is nie dienslewering nie, want hulle betaal nie. Hoekom betaal hulle nie, want in die verlede is daar vir hulle betaal, hulle het teen die apartheid regime dienstebatalings boikotte begin. Die bevrydingsbende het hulle mos belowe vry alles, dienste, onderwys medies en wat nog. Kinders van Afrika.

Kobus ·

En die kernprobleem bly oorbevolking en gepaardgaande armoede.

Debbie ·

Ek hoop met die volgende verkiesing gebruik hulle hul koppe en dink wat die ANC nie aan hulle kon gee nie

Persheks Adri ·

Stem, maar ons weet mos hulle glo steeds die leë beloftes van regering so “slim” is hulle!

Pierre ·

Ek wonder altyd hoeveel belasting die “klaers” betaal…?

Zet ·

Wonder net hoekom hulle nooit dieselfde riots wat 2 tot 3 dae weekliks in en om Port Elizabeth en Uitenhage gebeur ni op Maroela nuus deel ni. Elke oggend word daar op verkeersgroepe inligting verskaf van riots en bande wat brand, paaie wat oop of toe is. Hoevele pendelaars kan gereeld ni werk toe gaan ni, of kom laat daar aan. Die mense hier is al radeloos oor di situasie.

Anoniem ·

Pateties verby! Brand , voeter alles op, breek af, moor. Ai, ai hierdie sirkus word na al noe groter . Tog só onskuldig, altyd iemand anders se skuld vir hul laakbare optrede.

Kobus ·

Die grootste verskoning is Jan van Riebeeck wat alles kom opmors het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.