Ses vas oor goud-diefstal van R23 miljoen

Argieffoto ter illustrasie Foto: Agnico-Eagle Mines Limited via Wikimedia Commons

Argieffoto ter illustrasie Foto: Agnico-Eagle Mines Limited via Wikimedia Commons

Ses mans, insluitend vier transitopersoneellede is Maandag naby Pretoria in hegtenis geneem vir die besit van goud ter waarde van R23 miljoen.

“Die ses man sindikaat het in drie voertuie op die N1 van Limpopo na Pretoria gery,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die Valke het hulle afgetrek net nadat hulle deur die Pumulani-tolplaza gery het.”

Die polisie het 50 kg goud in die voertuie opgespoor, insluitend een kontant-in-transito-voertuig. Die polisie het ook beslag gelê op vyf vuurwapens en die drie voertuie.

Dit is nie duidelik waarheen die mans met die goud op pad was nie.

Hulle sal Woensdag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn op aanklag van die smokkel en handeldryf in edelmetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lillian ·

Nou toe nou … laat mens wonder hoeveel goud word wel so gesteel en vervoer onder ons neuse, sonder dat ons dit weet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.