Ses vas oor heksmoord

Argieffoto (Erin Conway-Smith/GlobalPost)

Argieffoto (Erin Conway-Smith/GlobalPost)

Twee vroue en vier mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou in Giyani, Limpopo wat glo haar skoonsussie getoor het.

“Twee van die verdagtes is in Polokwane in hegtenis geneem en die ander is die afgelope paar dae in en om Giyani aangekeer,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Catherina Nkovani (52) is op 27 April ná haar skoonsussie se begrafnis aangeval en aangerand. “Die skoonsuster, Phindile Ngovani, was vir ʼn geruime tyd lank siek voordat sy vroeg in April gesterf het,” het Mulaudzi gesê. “Ná haar begrafnis het lede van die gemeenskap, insluitend haar man, Nkovani daarvan beskuldig dat sy Phindile getoor het. Sy is met verskeie voorwerpe aangeval en aan die brand gesteek. Sy het die volgende dag in die Khesani-hospitaal gesterf.”

Die persone wat in hegtenis geneem is, is vermoedelik Nkovani se familielede. Hulle sal na verwagting Maandag in die Giyani-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld en moord. Mulaudzi het gesê dit is moontlik dat nog mense in verband met die voorval in hegtenis geneem gaan word. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Belinda ·

Dat daar nog sal geglo word aan die toordery en Aunt Sisters gaan my verstand te bowe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.