Ses persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog in Malmesbury in die Wes-Kaap, danksy vinnige reaksie van polisiebeamptes.
Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Saterdagaand omstreeks 19:45 reageer op ʼn klag van ʼn huisroof op ʼn plaas in die gebied. “Sewe gewapende verdagtes het ʼn pa en sy twee seuns, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, by hul huis oorval en hulle aangeval. Hulle het met persoonlike besittings van die toneel gevlug.”
Polisiebeamptes het ses van die verdagtes ongeveer 3 km van die toneel aangekeer. Hulle is tussen 23 en 27 jaar oud. “Die polisie is op soek na die sewende verdagte wat weggekom het.”
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Malmesbury-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Baie dankie aan die Polisie se flinke optrede. Trots daarop as ek sulke positiewe beriggewing kan lees.
Sewende verdagte was ook reeds gisteraand aangekeer. Al sewe verdagtes sal môre verskyn. Puik optrede van die SAPD asook plaaslike Plaaswag. Hierdie aanvallers was met die flinke optrede van almal betrokke, baie gou aangekeer. Die publiek moet net leer om nie kommentare op facebook en whatsappgroepe te plaas nie. Hulle vergeet dat die kriminele lede is van dieselfde groepe en aldus volg hulle presies wat die publiek op sosiale media kwytraak en vermy dan hotspots. Gisteraand het die lede van sekere facebook groepe in daaardie omgewing aanhoudend rapporteer van padblokkades en die vordering wat gemaak word met arrestasies. Voortvlugtendes weet… Lees meer »
Dit is wonderlik maar wat kort is die melding van die boere en gemeenskap se spoedige toetrede en samewerking wat ook geprys moet Word!
Dankie TTheart ek is bly dat jy dit genoem het. Almal het ingespring om die gemors vas te trek. Kom ons kyk hoeveel is die borg en hoeveel is tans klaar uit op borg.
Dit is Mos hoe polisie hulle task Moet verrig. Flink en positief.