Ses vas oor huisroof op plaas in Malmesbury

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Ses persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog in Malmesbury in die Wes-Kaap, danksy vinnige reaksie van polisiebeamptes.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Saterdagaand omstreeks 19:45 reageer op ʼn klag van ʼn huisroof op ʼn plaas in die gebied. “Sewe gewapende verdagtes het ʼn pa en sy twee seuns, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, by hul huis oorval en hulle aangeval. Hulle het met persoonlike besittings van die toneel gevlug.”

Polisiebeamptes het ses van die verdagtes ongeveer 3 km van die toneel aangekeer. Hulle is tussen 23 en 27 jaar oud. “Die polisie is op soek na die sewende verdagte wat weggekom het.”

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Natalene Visser ·

Baie dankie aan die Polisie se flinke optrede. Trots daarop as ek sulke positiewe beriggewing kan lees.

Max ·

Sewende verdagte was ook reeds gisteraand aangekeer. Al sewe verdagtes sal môre verskyn. Puik optrede van die SAPD asook plaaslike Plaaswag. Hierdie aanvallers was met die flinke optrede van almal betrokke, baie gou aangekeer. Die publiek moet net leer om nie kommentare op facebook en whatsappgroepe te plaas nie. Hulle vergeet dat die kriminele lede is van dieselfde groepe en aldus volg hulle presies wat die publiek op sosiale media kwytraak en vermy dan hotspots. Gisteraand het die lede van sekere facebook groepe in daaardie omgewing aanhoudend rapporteer van padblokkades en die vordering wat gemaak word met arrestasies. Voortvlugtendes weet presies watter area om te vermy. Sosiale media kan ‘n seën wees maar ook ‘n groot blok aan die been. Wees versigtig.

T Theart ·

Dit is wonderlik maar wat kort is die melding van die boere en gemeenskap se spoedige toetrede en samewerking wat ook geprys moet Word!

Ian ·

Dankie TTheart ek is bly dat jy dit genoem het. Almal het ingespring om die gemors vas te trek. Kom ons kyk hoeveel is die borg en hoeveel is tans klaar uit op borg.

Christa ·

Dit is Mos hoe polisie hulle task Moet verrig. Flink en positief.

Oujongvrou ·

In die dorp of plaas of stad, roof is roof!!! Vir wat moet dit nou genoem word dat dit op n plaas is. As ek op die dorp geroof word is dit dan nou nie so erg as iemand op n plaas nie, of hoe werk dit.

Sarel ·

Oujongvrou, ongelukkig moet dit genoem word dat dit op n plaas is aangesien die regering aanvalle soos die ontken. Verder word die meeste hulpmiddels in die stede aangewend en die platteland as ware aan hul self oor gelaat.

WONDER ·

Baie dankie vir ieder en elk wat gehelp het by hiedie aanval. Sover my kennis is buurtwagte van alle omgewings uitgeroep om te kom help en padblokkades op te rig. Vir almal wat hul saterdag aand opgeoffer het en diens gedoen het, maak nie saak waar nie, baie baie dankie. Spoedige herstel vir die pa en seuns.

Zumie ·

Hartlike gelukwensing en dank aan hierdie wakker SAPD lede. Dit is goed om te weet daar is ook lede wat hulle kant bring!

Michelle ·

Baie dankie aan die polisie en almal betrokke vir die vinnige optrede van die plaasaanval dit is met dankbaarheid dat die lewens gespaar is dit was uitmuntende werk. Mag die vader en seuns gou aansterk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.