Ses vas oor Ixopo-plaasmoord

Argieffoto

Argieffoto

Ses persone is in hegtenis geneem in verband met die moord op Anton Phillip Verwey (67), ʼn boer van Ixopo in KwaZulu-Natal.

“Polisiebeamptes van Ixopo is vanoggend omstreeks 04:00 na die toneel ontbied waar Verwey gewelddadig vermoor is,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Zwane het Verwey twee oop maagwonde gehad toe polisiebeamptes by die toneel opgedaag het.

“Speurders van Ixopo-polisie, beamptes van Kokstad se honde-eenheid en lede van Magma Security het ses verdagtes, tussen 14 en 24 jaar oud, in hegtenis geneem,” het hy bygevoeg. “Hulle het die slagoffers van die plaasaanval se twee fietse, plasmatelevisiestel, rekenaar, skootrekenaar, selfone en ander eiendom in hul besit gehad.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. “Die persone sal binnekort in die Ixopo-landdroshof verskyn,” het Zwane bygevoeg.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale kommissaris, het die Ixopo-polisie geloof vir hul vinnige reaksie en ondersoekwerk wat tot die inhegtenisnemings gelei het. “Ek veroordeel ten sterkste die aanval wat tot die sinlose moord van ʼn bejaarde, weerlose boer gelei het,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

FW ·

Ek wonder hoeveel boere word elke dag in SA aangeval en vermoor?

Flippie ·

Totsiens Anton. Jy wat ‘n plaas met jou pensioengeld gekoop het om met essensieele olies te boer. Nie welgesteld nie. Jy het nie jou plaas gesteel soos wat ons President beweer nie, maar gekoop met jou pensioen geld.

Die vinnige optrede van die polisie help NIKS. Anton Verwey is dood en niks wat enige iemand gaan doen gaan hom terug bring nie.

Die vang van die barbare wat hierdie dade pleeg, help nie. Om hulle in die tronk te sit, help nie. Die moorde hou net aan. En die moordenaars dop net oral uit soos ‘n rotplaag of oes – dit hou net nie op he.

In Suid Afrika loop daar meer moordenaars op straat rond as in enige ander plek in die wereld.

Chris W ·

Flippie ek stem 100%met jou saam.More of oormore is hul uit of borg – die stelsel is belaglik.Mag hulle hul dan vasloop in iemand wat reg is vir hulle!

fransie ·

Ai tog, hoe wens ek ons kon net n president he, wat soos Flippie kan dink….

Frans ·

Hule word so groot gemaak moor verniel steel stricke dis hule moeder onderig net die ou weermag en police kon hule in tòom gehou het met die duiwel speel jy nie

vierkleur ·

En so hou die volksmoord aan, wat deur politieke groepe en ons persident elke dag aangehits word.
” Die boere het jou grond gesteel” , “vat die grond sonder vergoeding” ” Kill the boer,kill the farmer” om maar n paar goed wat gese word aan te haal.

zuma, jy is die een wat ons rassiste maak in hierdie land

ANDRE ·

Ses van hulle ! Die jongste 14 jr !!! Die moordenaars word van kleins af geleer dat dit aanvaarbaar is om ander te moor vir wat jy wil he .Hulle is gewentenloos en barbaars , maar word hulle gevang , moet hulle menslik en met deernis behandel word , ek wonder hoekom ?

Charlotte ·

Ek hoop by die oom hul se plaas het ook plus minus 6 polisiebakkies opgedaag soos by die oud Bok speler wat KWANSUIS oor die Bitterhout wou ry se plaas……mag geregtigheid geskied vir die oom Anton se MOORDENAARS …… 14jr oud!!!!!! En kinders mag nie getugtig word en maniere en morele standaarde geleer word nie….maar KYK wat gebeur dan. Hul word vir die tronke grootgemaak of strate vol dwelms!!!!! Dis om van SIEK te word!!! My innige simpatie met die oom en tannie se familie wat agter bly…..!!

Charlotte ·

Hul se die oom is oorlede maar se die die slagoffers se 2 fietse is gevind????

François ·

Ek sal net graag wil verneem hoekom my kommentaar nie geplaas is nie? Ek het dit vroeg vanoggend aan gebied. Ek het die T’s & V’s gelees want ek lewer gereeld kommentaar. Ek kon nie enige verskil tussen myne & van die ander geplaasde stukke sien nie!

Landi Slatter ·

Dagsê Francois

Dankie vir jou navraag. Die redaksie het jou kommentaar heroorweeg, maar ons volstaan ongelukkig by ons besluit.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

François ·

Daardie fietse is seker van die plaas werkers s’n want die goed het cd’s in die speke soos net ‘n sekere element van die samelewing ‘n fiets soos ‘n krismisboom kan laat lyk. Of dalk van die moordenaars s’n?!

François ·

Landi, ek sal baie graag wil verneem om watter rede die kommentaar nie geplaas is nie?! Julle het mos my e-mail adres.

Landi Slatter ·

Dagsê Francois,

Dankie vir jou kommentaar op die berig ‘Ses vas or Ixopo-plaasmoord’.
Jou kommentaar is ongelukkig afgekeur, hoofsaaklik oor die gebruik van die woorde ‘gemors’ en ‘die goed’.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.