Ses vas oor kitsbank-ploftoestelle

Die verdagtes. Foto: Verskaf.

Ses mense is in Kaapstad in hegtenis geneem en daar is op onwettige wapens en ploftoestelle beslag gelê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie was besig met ʼn operasie wat fokus op onwettige wapens en dwelms toe die inhegtenisnemings gedoen is.

“Polisiebeamptes was in Duma Nokhwestraat in Samora Machel toe hulle drie VW Polo’s gewaar het. Een het vier insittendes gehad, die ander een twee en die derde een was leeg. Die insittendes is deursoek en daar is vasgestel die motors is nie as gesteel aangemeld nie,” het Van Wyk gesê.

Volgens Van Wyk is die kattebakke van die motors ook deursoek en is daar op drie ploftoestelle, insluitend ʼn skokbuis wat in myne gebruik word, aangetref. “Dit word ook gebruik om kitsbanke op te blaas,” het Van Wyk gesê.

Die ses verdagtes is gevolglik in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op die toestelle en die motors.

Die mans, tussen 24 en 34 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn vir die besit van plofstowwe.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Van ·

……………..en waarskynlik op borgtog vrygelaat word want daar sal nie genoegsame bewyse wees om hulle te vervolg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.