Ses vas oor Mthembu-skietery

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Die polisie het Woensdag in die vroeë oggendure vyf verdagtes in hegtenis geneem nadat ANC-LP Jackson Mthembu onlangs in Witbank, Mpumalanga geskiet en beroof is.

Lt.genl. Solomon Makgale, provinsiale polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het Donderdag gesê die verdagtes, almal in hul vroeë 20’s, is in ʼn spanpoging deur die nasionale ondersoekeenheid en misdaadintelligensie-eenheid vasgetrek.

“Die verdagtes is almal by hul onderskeie huise in ʼn informele nedersetting in Ackerville, Vosman in Mpumalanga in hegtenis geneem,” het Makgale gesê.

Altesaam ses verdagtes is nou in verband met Mthembu se skietery in hegtenis geneem. Die eerste verdagte, Joseph Makhosonke (24), is verlede week ook in Ackerville in hegtenis geneem. Hy het reeds twee keer in die Witbank-landdroshof verskyn.

Die ses verdagtes moet Vrydag saam in die Witbank-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof.

Mthembu is op 19 Oktober geskiet en beroof toe hy by ʼn kitsbank in Mandelastraat geld getrek het. ʼn Struweling het uitgebreek waartydens ʼn koeël Mthembu se wang rakelings getref en hom toe in sy skouer getref het. Die mans het na Mthembu se motor gegaan waar vier van sy vriende gesit en wag het en hulle ook beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HEVW ·

Nouja, as dit so aangaan kan ons later die doodstraf verwag.

HEVW ·

Maroela skrik tog wakker.
NOUJA, AS DIT SO AANGAAN KAN ONS LATER DIE DOODSTRAF VERWAG!

HEVW ·

Maroela media ek kan regtig nie sien waarom julle nie my kommentaar kan plaas nie.
Nouja, as dit so aangaan kan ons later die doodstraf verwag.

Grassie ·

HEVW….Ek het in die verlede ook de vieste in geword as my goed afgehaal word, tot ek agtergekom het dat ek te haastig was. Wag so 15 minute na jy gestuur het en gaan kyk by die berig, dan is dit gewoonlik geplaas.
Groetnis.

moegoe ·

As jy i hóe profiel ANC is teiken jou eie nasie (comrades) jou vir GELD- maar hulle doen dit op die verkeerde manier – word diesulkes met MOORD / ROOF groot gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.