Ses vas oor ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie

Argieffoto

Argieffoto

Ses persone is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle glo met ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie betrap is.

“Die ses verdagtes is Sondag tydens ʼn operasie in verskeie plekke in die Kwadabeka-gebied aangekeer,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Hulle is met vyf ongelisensieerde vuurwapens en 45 rondes ammunisie betrap.”

Phindile Silangwe (28), Sithembiso Makhoba (33), Mlungisi Mbambo (37), Mbonginkosi Cele (37), Sifiso Ngwala (41) en Mduduzi Kunene (44) het Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn en bly in aanhouding tot 12 November wanneer hulle weer in die hof moet verskyn.

“Ballistiese toetse sal op die vuurwapens gedoen word om te bepaal of dit in enige misdaad gebruik is,” het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.