Ses vas oor onwettige aborsiekliniek

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense is Vrydag in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem op aanklag dat hulle ʼn onwettige aborsiekliniek bedryf het.

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê daar was ʼn klopjag by die kliniek en dat een van die verdagtes op heterdaad betrap is waar hy ʼn onwettige aborsie uitgevoer het.

Die polisie het op die perseel in die Lister-gebou in Jeppestraat toegeslaan na ʼn ondersoek van vyf maande.

Die ses verdagtes, insluitend drie buitelanders, is tussen 40 en 50 jaar oud en sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die verdagtes sal tereg staan op aanklagte wat verband hou met aborsiewetgewing. Hulle het onder meer medikasie verkoop sonder die nodige dokumentasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Vandat die buitelanders in gekom het. Is hier net HKGK verban die goed en sluit die grense

Pieter van der Dussen Senior ·

Moord bly moord. Kindermoord bly kindermoord. Onlangss het die minister van gesondheid bynas gespog met die 82000 kindermoorde in staatsgesteunde klinieke. Sedert die wetewing deur die eerste Mandelaregering goedgekeur is, is meer as 1.250.000 kinders in staatsgesteunde klinieke vermoor. Dat Mkasi voor die hof oor sy moordtog verantwoording moet gaan doen is heeltemal reg. Waarom nie die massamoordenaars van onder meer die Amerikaanse Mary Stopesgroep nie? Waarom nie die aanstigters van die staatssklinieke nie? Die heler is tog so goed as die steler, en die aanhitser is medepligtig….. Daar is ‘n hoogste regbank wat op Berg Sinai met Sy Vinger in die kliptafel ingegraveer het: Jy mag nie doodslaan nie! Sy Gebooie geld vir alle mense van alle tye. Daar is natuurlik vergiffenis vir moord – ‘n moordenaar het dit aan die kruis ontvang maar eers nadat hy waaragtige bekering ondergaan het. Maar daar is ook die waarskuwing van die Here Jesus oor die tenakom van kindertjies. Regter Mogoeng Mogoeng het in die openbaar verklaar dat hy ‘n gelowige en selfs ‘n deeltydse leraar is. Hier geval rus die verantwoordelikheid op hom om by die regte mense met die Godgegewe gesag wat aan hom toevertrou is, die waarskuwende Waarheid van die Woord van God Drie-enig tuis te bring…..

G Eloff ·

Whao Se`nior! ” ‘n moordenaar het dit aan die kruis ontvang maar eers nadat hy waaragtige bekering ondergaan het”? Is dit n nog nuwer en nog meer hersiene uitgawe ?. “Matt_27:38 ” Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter— en een aan die linkerkant.” .. Bybel . Miga_3:11″ Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ‘n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld.” Selfs al is hy “gelowig” en n “prediker. Ek lees van die doodstraf vir moord ,” Alle mense “?Jeremia 31:33 ” Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. ” So ,dis nie verkeerd vir Shaka nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.