Ses vas oor plaasaanval in Zeerust

Argieffoto

Argieffoto

Ses persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn aanval op ʼn plaas in Zeerust, Noordwes, waar ʼn 71-jarige man en sy werknemer vasgebind is voor hulle beroof is.

“Die eerste verdagte, ʼn 17-jarige, is verlede week Donderdag in hegtenis geneem in verband met die voorval in Kareepoortfontein,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het glo ʼn vuurwapen en kontant, wat vermoedelik op die plaas gesteel is, by hom gehad.”

Volgens Mokgwabone het die ondersoek Maandag gelei tot die inhegtenisneming van nog vyf verdagtes. “Hulle is in en rondom Zeerust in hegtenis geneem,” het hy gesê.

Volgens inligting was al ses verdagtes gewapen met byle en pangas toe hulle die plaas betree het. Hulle het die boer en sy werknemer in die tuin gevind. “Hulle het die twee mans met ʼn tou vasgebind en geld geëis,” het hy bygevoeg. “Die rowers het twee vuurwapens en kontant van die boer gesteel.”

Vyf van die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Zeerust-landdroshof verskyn. Die minderjarige is intussen in die toesig van sy ouers vrygelaat, hangende ʼn ondersoek deur maatskaplike werkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Veritas ·

17 jaar oud en klaar gearresteer vir gewapende roof. Armoede is geen verskoning vir kriminele optrede nie. In teendeel, dit behoort as inspirasie te dien om eendag ‘n goeie lewe te kan lei en sy ouers by te staan. Dié klein twak het nie net sy eie lewe verwoes nie maar ook sy ouers in die skande gesteek. Ek hoop sy pa trek sy nerwe vir hom af.

HEVW ·

Hier is persone wat kommentaar lewer wat baie duidelik geen begrip van die Afrikaan se lewensbenadering het nie

Wat-ek-lees ·

HEVW, goed gestel. Groepaksie is ook gewoonlik van toepassing.

Ivan ·

Sal BAIE BAIE graag wil weet waar kry die verslaggewer haar / sy storie. HOEKOM IS DAAR NIKS KESKRYF OOR DIE MAN WAT MET DIE BYL AANGERAND WAS EN GEKAP WAS NIE…Wys net dat julle verslaggewers vals is en vals rapporteer…DIS N SKANDE!!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Ivan

Die inligting wat ons hier gepubliseer het, is inligting wat ons direk van die polisie in Noordwes ontvang het.
Kan jy ons asseblief meer inligting gee oor die betrokke aanval waarna jy verwys? Kontak ons asseblief by [email protected] – ons verslaggewers stel graag verder ondersoek in.

Indien jy voel dat ons in hierdie berig ook nie volledige bereggewing gedoen het nie, versoek ek jou ook om ons hieroor te kontak.
Jy kan ook ‘n e-pos stuur aan [email protected].

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Stefanie ·

Ivan nee, ek gaan nie net Maroela verslaggewers die skuld gee nie. Dat Thys byna sy linkerhand en arm verloor het, word deur polisie verdoesel. Sover my kennis strek was daar ook geen werknemer vasgemaak nie en ek twyfel of Thys vas gemaak was. Hy is volgens hoorsê 7 uur die oggend aangeval en ongeveer 8 uur was die berig reeds oor die netwerk versprei.

t ·

Ek moet met Ivan saamstem!SWAK beriggewing!En daai 17 jarige moes glad nie vry gelaat gewees het nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê t

Soos ek ook aan Ivan genoem het, die inligting wat ons hier gepubliseer het, is inligting wat ons direk van die polisie in Noordwes ontvang het.
Kan jy ons asseblief meer inligting gee oor die betrokke aanval? Kontak ons asseblief by [email protected] – ons verslaggewers stel graag verder ondersoek in.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Snip ·

Daai outjie van 17 jaar moes nooit onder sy ouers se toesig geplaas geplaas gewees het nie. Hy gaan wragtig dieselfde dade doen. As sy ouers werk wie gaan na hom kyk. Hulle jaag aan so hulle wil. Hy moet die vrugte pluk van sy aanval.

Cornelius du Rand ·

Swak berriggewing. Ek woon in die area en is deel van die boeregemeenskap. Die boere om Zeerust het verskillende sekuriteitsgroepe. Zeerust Oos Veiligheid onder leiding van Christi Swanepoel het onmiddelik na die voorval die boere gemobiliseer en is die aanvallers gejag en mettertyd gevang. Dit is nie die polisie wat hulle gevang het nie. Daar was verder 7 aanvallers en nie net ses nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Cornelius

Dankie, een van ons verslaggewers sal per e-pos met jou in verbinding tree om verdere inligting te bekom.
Of stuur gerus kontakbesonderhede van enigiemand wat ons kan kontak aan [email protected].

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marinda ·

Ja so het die boere hulle dood gewerk om die mense agter tralies te kry en die eerste een is kla vrygelaat. As hy kan steel en moor kan sy bakkies seker maar agter tralies wees. Die tipe goed maak my boos.

Adriaan ·

Die kritiek teen Maroela is vir my verstommend oor hierdie berig. Hulle kan net artikels plaas met die inligting tot hul beskikking welke hulle van die Polisie ontvang het in hierdie geval. Verskaf hul dan eerder met die regte inligting voor hulle as vals voorgehou word. Ten minste kan ons nog hier kommentaar lewer en gratis die nuus lees sonder die invloede van die hoofstroom media. News 24 het geen kommentaar meer nie, Netwerk 24 is R 100-00 per Maand. Sluit dan aan by bogenoemde en beskuldig hulle van valse beriggewing.

Ansie ·

Cornelius du Rant is n prokureur van Zeerust en het ook n plaas nie ver van oom Thys af nie. Hy behoort te weet. Wat ek wil weet is waar was die tannie? Alles het klaar gebeur voor ons by ons werke was sy moes nog op die plaas gewees het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.