Ses vas oor spoed

Argieffoto (Foto: Splitshire, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Splitshire, Pixabay)

Ses motoriste is Sondag in Gauteng in hegtenis geneem nadat hulle die spoedgrens oortree het, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

“Die persoon wat die vinnigste gery het, was ʼn man op ʼn Yamaha-motorfiets wat teen 175 km/h aangekeer is,” het woordvoerder Wayne Minnaar gesê.

Drie van die persone is op die N14 in hegtenis geneem en by Diepsloot-polisiestasie aangehou. Nog drie persone is op die N1-noord, naby Beyers Naude-afrit, aangekeer en is by Honeydew-polisiestasie aangehou.

Hulle is vrygelaat op borgtog van tussen R1 000 en R1 500 en sal vandeesweek in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Ja, ek weet dat ons nie hier is vir speltoetse en almal van ons maak spel’v’oute. Dis egter verblydend om te let op die korrekte gebruik van die simbool “km/h” in die berig. Dit is NIE ‘n afkorting maar word internasionaal gebruik. Kph, KPU, Kpu ens. is dus nie reg. Daar kan verder deur die leser navorsing gedoen word oor die metrieke stelsel. Hierdie “km/h” is egter hinderlik as die spietkop dit skryf as “kpu” of iets dergliks. Op sy vakgebied behoort hy immers te weet.
Wat sê Neptunus?

Elfie ·

Hierdie gejaag elke liewe Sondag op die N14 veral in die Cradle is ou nuus, hier moet BAIE strenger opgetree word. Hier was al klomp ongelukke maar dink die spul jaers? Een van die GROOT probleme is die spul motorfietsers wat willens en wetens hul nommerplate afhaal – hoekom? Omdat hulle gaan jaag en weet hulle gaan nie sommer gevang word nie. Selfsugtig – dink nie aan wat met ANDER mense kan gebeur as hulle ‘n ongeluk veroorsaak nie.

My mening ·

Ek stem Elfie. En dan het die meeste van hierdie motorfiets-ryers nogal “Bikers For Christ” baadjies aan of plakkers op hulle motorfietse!! Regtig, hulle is net so ‘n groot frustrasie soos minibus-taxis op die paaie!!!

Peet Schabort ·

Maar “My mening” ten minste weet hulle nou alreeds waarheen hulle (eendag of een dag) oppad is . . .

nig ·

Peet – nie noodwendig nie hoor. As jy ‘n ander se dood veroorsaak deur jou nalatigeheid en spoed…

A Weyers ·

Asseblief. Amper elke bestuurder oortree die spoedgrens en hulle kon slegs n paar aankeer.

Peet Schabort ·

Ek glo nie Weyers want as dit so was dat byna almal die spoedgrens oortree dan moes daar meer gevang gewees het dan net die ses. As jou stelling reg is was daar nie veel meer bestuurders op daardie paaie gedurende die tydperk waarin die ses gevang is. Toegegee dat hierdie die ouens is wat lepel in die hoek sit en daar wel ander was wat ook met die kamera gevang is maar wat meer besadig ‘gejaag’ het en sy kaartjie per pos (as hulle nie staak) sal kry.
Dalk is dit wat jy bedoel i.p.v. om te sê “en hulle kon slegs ‘n paar aankeer”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.