Ses vas oor trokke wat brand

Vyf mense is reeds in hegtenis geneem. (Foto ter illustrasie: pixabay)

Ses verdagtes is reeds in hegtenis geneem nadat ʼn vragmotor Maandag omstreeks 05:15 op die N3-hoofweg naby Leondale met petrolbomme bestook en aan die brand gesteek is.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die eerste verdagte is kort na die voorval aangekeer en die ander vyf ʼn paar uur later.

Volgens Makhubele het die vragmotorbestuurder ongedeerd uit die brandende vragmotor ontsnap.

“Dieselfde groep verdagtes het glo ook twee ander vragmotors aangeval, maar na bewering net die sleutels geneem en die vragmotors in die middel van die pad gelaat.”

Die verdagtes verskyn na verwagting Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof op aanklag van opsetlike saakbeskadiging, poging tot kaping en inmenging by noodsaaklike infrastruktuur. Hulle is tussen 29 en 41 jaar oud.

ʼn Soektog na nog verdagtes is intussen steeds aan die gang nadat twee vragmotors Saterdagaand op die R59 in Alberton ook met petrolbomme bestook is. Die bestuurders is nie beseer nie.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het die inhegtenisnemings verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mariana ·

Voeg sommer poging tot moord by. Bestuurders dan in vragmotor toe petrolbomme val. Liewe aarde wat gaan aan in hiedie verdomde land.

N ·

Ag ek hoop die polisie vra hulle mooi om dit nie weer te doen nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.