Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n voertuigopsporingsmaatskappy het ’n gekaapte motor agtervolg tot by ’n huis in Franshoekweg. Die opsporingsmaatskappy het die gekaapte motor in die motorhuis gesien en die polisie se blitspatrollie en honde-eenheid ontbied.
Polisiebeamptes het die huis binnegegaan en gesien die huishulp is vasgebind. Drie verdagtes is in die huis in hegtenis geneem en die polisie het op ’n vuurwapen en gesteelde goedere van R75 000 beslag gelê. Die polisie het nog drie verdagtes in hegtenis geneem in ’n gehuurde motor en op nog ’n vuurwapen beslag gelê.
Die ses verdagtes sal binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ’n gekaapte motor.
Ek is baie baie bly om te hoor van hierdie flinke optrede van die Polisiebeamptes. Wel gedaan, en hou vol met hierdie optredes, dit sal Suid-Afrika ‘n baie veiliger plek vir ons almal maak.
Wil hulle nie ons polisiebeamptes hier in Gauteng en dalk die res van ons land kom oplei en leer hoe dit gedoen word nie?
Hier by ons moet die publiek self ‘n raserige ongelisensieerde veldfiets aankeer op aanbeveling van die SAPD waarna hul dan sal uitkom. So gesê en gedaan en dis nou ‘n week later en ons wag nog steeds vir die Suid Afrikaanse Polisie (geen) Diens om op te daag. Waarskynlik te besig op ons plattelandse dorpie.