
‘n Skermgreep van die video wat wys hoe die vrou in Bramley, Johannesburg, gekaap word (15 November 2019) (Video: Twitter)
Ses persone is in hegtenis geneem ure ná ʼn vrou Vrydagoggend by ʼn verkeerslig in Bramley, Johannesburg, gekaap en doodgeskiet is.
Maroela Media het vroeër berig die 45-jarige vrou is die oggend omstreeks 05:30 op die hoek van Dublin- en Cunningweg in Bramley deur ʼn onbekende getal mans gekaap. Beeldmateriaal van die voorval is met afgryse bejeën.
Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het dadelik die maksimum hulpbronne beskikbaar gestel, kragtens die SAPD se 72 uur-reaksieplan. Die ondersoek het beamptes na ʼn kroeg in 4de Laan in Alexandra gelei.
“Die span beamptes van die SAPD en Johannesburgse metropolisie, het op die kroeg toegeslaan en 17 verdagtes is aangekeer. ʼn Onbekende getal persone het gevlug,” het Peters gesê.
Die polisie kon ses man met die kaping en moord op die vrou verbind. Die 11 ander persone is vrygelaat, omdat hulle nie met enige misdade verbind kon word nie.
“Verdere ondersoek het die ses verdagtes ook met nog drie rooftogte verbind, insluitend ʼn sakerooftog by ʼn U-Save in Alexandra in Oktober 2019 en ʼn sakerooftog by ʼn Chicken Licken in Bramley vroeër vandeesmaand.”
Die polisie is op soek na nog ses verdagtes wat moontlik ook by die sakerooftogte betrokke was.
“Die ses verdagtes sal na verwagting Maandag in die Alexandra-landdroshof verskyn,” het Peters bygevoeg.
Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes se vinnige reaksie geloof. Hy het hulle aangemoedig om hard te werk in die stryd teen misdaad in die provinsie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
54 Kommentare
Welgedaan…. Maar wat nou….?? Borgtog en doen dan weer en weer en weer dieselfde. My innige meegevoel met die oorledene se familie en vriende en volgens al die ander nuuswebtuistes was sy 56 as julle miskien ‘n regstelling wi l maak.
Goeie werk!!! Asseblief GEEN borgtog? Dit bemoeilik ons polisie se werk, want as hulle uitkom doen hulle dit net WEER
Dit was n blanke vrou, Isabel van Coller 54 jaar oud !
Wel gedaan SAPS. MOG HULLE HELSE TRONKSTRAF KRY. Innige Simpatie aan vermoorde se familie.
Baie goeie werk