Ses vas vir Absa-bankroof, werker steeds soek

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Ses mense het in die Mhala-landdroshof in Mpumalanga verskyn weens ʼn onlangse bankrooftog waartydens R1,2 miljoen geroof is.

Nhlanhla Benedict Nkuna (30), Sibusiso Makhubela (24), Sibusiso Nhleko (29), Nkosinathi Given Mashabane (25), Mxolisi Lubisi (29) en Bonginkosi Cyprian Mabuza (27) word daarvan aangekla dat hulle op 19 Maart die Absa-bank in Mhala beroof het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het Donderdag gesê die verdagtes is Sondag in Pienaar en Kanyamazane in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het.

“ʼn Werknemer by die bank en ʼn tegnikus, wat steeds soek is, het glo die rooftog beplan en aan die verdagtes ʼn sleutel gegee om toegang te verkry. Meer inhegtenisnemings word verwag,” het Mulaudzi gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn BMW en ʼn VW Polo wat glo tydens die rooftog gebruik is. Daar is ook beslag gelê op  ʼn Toyota Corolla wat glo met die gesteelde geld gekoop is.

Die verdagtes moet weer op 20 April in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog aansoek gaan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

James ·

Kan julle in die toekom die wapens wat in die roof bekend maak

Peet Schabort ·

Swak beplanning reg van die begin af. Toe op die ou einde het dit hulle mahala in die sak gebring om die bank op Mhala te wou beroof. Kan nie sien dat hulle nie borg sal kry want daar moes geld oorgebly het nadat die Corolla gekoop is. Daar is dus borggeld en nog ‘n ietsie oor van die roofgeld om te spandeer. Na alles tog nie so swak beplan en tog nie heeltemal mahala gekry. En dit alles is belastingvry!! Dit laat my dink…

Peet Schabort ·

James, dit lyk my nie na gewapende roof. Hulle was seker gewapen vir net in geval. Hulle het heel waardig met die (gegewe) sleutel ingestap, bymekaar gemaak en uitgestap. Hulle moes egter ses of meer wees want in SA is dit dan spanwerk. In hierdie geval het almal seker gewerk want daar was BAIE geld om te dra, té veel selfs vir ses. Eish!!

sproetjies ·

Sjoe! Klink my die sekuriteit by diè Bank is ook nie meer wat dit moet wees nie. Ek was self ‘n werknemer by dieselfde instansie en het self 4 bankrowe daar oorleef. Die Bank moet dalk meer selektief te werk oor wie Sleuteldraers is en alarmkodes en.

Francis Linstrom ·

Ek sou baie graag wil weet of die miljoene of is dit miljarde rande wat gesteel word, aan die regmatige eienaars terugbesorg word as dit gevind word.

Peet Schabort ·

Swak beplanning reg van die begin af. Toe op die ou einde het dit hulle mahala in die sak gebring om die bank op Mhala te wou beroof. Kan nie sien dat hulle nie borg sal kry want daar moes geld oorgebly het nadat die Corolla gekoop is. Daar is dus borggeld en nog ‘n ietsie oor van die roofgeld om te spandeer. Na alles tog nie so swak beplan en tog nie heeltemal mahala gekry. En dit alles is belastingvry!! Dit laat my dink…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.