Ses vas vir George-moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Vier mans en twee vroue is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn man van Pacaltsdorp in George in die Wes-Kaap.

“Die ses persone is Vrydag in hegtenis geneem nadat Cornelius Jansen in Januarie verdwyn het,” het kapt. Malcolm Pojie, provinsiale polisiewoordvoerder, Maandag gesê.

Jansen is vermoedelik op 16 Januarie om 23:00 vir die laaste keer gesien toe hy sy huis verlaat het. Alle soektogte om hom op te spoor, was onsuksesvol.

Die polisie het op 28 Januarie reageer nadat daar ʼn brand by sy huis uitgebreek het. “Beendere en bloed is in die puin gevind en vir forensiese toeste gestuur,” het Pojie gesê. Die inhegtenisnemings volg nadat laboratoriumtoetse bepaal het dat die oorskot aan ʼn mens behoort het. Verdere ondersoek het bepaal dat Jansen heel waarskynlik nooit sy huis verlaat het nie.”

DNS-toetse moet nog gedoen word om die identiteit en oorsprong van die oorskot te bevestig.

Die ses verdagtes, tussen 20 en 52 jaar oud, moet Maandag in die George-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.