Ses vas vir moord by Noordwes-inisiasieskool

Argieffoto (Foto: Dingeman, Wikimedia Commons)

Ses mense is in Ikageng naby Potchefstroom in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat ʼn tienerseun by ʼn inisiasieskool gesterf het.

“Die 17-jarige seun is Woensdag by ʼn ongemagtigde inisiasieskool dood,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die polisie het 37 seuns by die skool aangetref en ʼn hele aantal was in ʼn baie slegte toestand. Die eienaar kon nie dokumente vir die skool wys nie en hy is in hegtenis geneem.”

Die skool is Donderdag gesluit.

“Die eienaar en sy vyf medebeskuldigdes, tussen 23 en 32 jaar oud, sal Vrydag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklag van moord,” het Ramaloko bygevoeg.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het ouers gewaarsku om seker te maak dat ʼn inisiasieskool geregistreer is voordat hulle hul kinders soontoe stuur.

Maroela Media het vroeër berig 20 seuns is dood by inisiasieskole in die Oos-Kaap.
Lees alle vorige berigte oor inisiasieskole op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

scalla ·

Sal graag wil weet wat die vereistes/regulasies is om so n skool te registreer, word dit gedek deur die mediese skema, ens? Tradisie is soms gevaarlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.