Ses vas vir moord op Limpopo-wildboer

Die eerste verdagte (29) wat vroeg Saterdagoggend in hegtenis geneem is. Foto: Spoorsnyers

Die eerste verdagte (29) wat vroeg Saterdagoggend in hegtenis geneem is. Foto: Spoorsnyers

Altesaam ses mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op Piet Venter (51), die wildboer van die Rooiberg-omgewing, tussen Thabazimbi en Bela-Bela (Warmbad), wat deur die loop van Vrydagaand op sy plaas, Chaheng Hunting Safaris, vermoor is.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het Sondag Venter se naam aan Maroela Media bevestig.

“Een van die verdagtes is in Rooiberg in hegtenis geneem, een in Bela-Bela en die ander drie in Pretoria,” het Ledwaba gesê.

Die vyf verdagtes se inhegtenisneming volg binne 24 uur nadat ʼn 29-jarige man Saterdagoggend ná Venter se moord in Bela-Bela aangekeer is.

Maroela Media het vroeër berig Venter het geslaap toe ʼn onbekende aantal verdagtes toegang tot sy plaashuis verkry en hom oorweldig en vermoor het.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy verwurg is. ʼn Nadoodse ondersoek sal egter gedoen word om presies te bepaal hoe hy dood is,” het Ledwaba vroeër gesê.

Die verdagtes het met die boer se kluis van die toneel gevlug.

Die Rooiberg-polisie is oor die voorval ingelig en is dadelik na die toneel. ʼn Volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en die 29-jarige verdagte is vasgetrek. Die gesteelde kluis, met ʼn vuurwapen, ammunisie en kontant, is kort daarna in ʼn veld buite die dorp opgespoor.

Al ses verdagtes sal na verwagting Maandag of Dinsdag in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Intussen het die Spoorsnyers, ʼn private veiligheidsmaatskappy wat saam met die polisie en die Heritage Protection Group (HPG) gehelp het om van die verdagtes vas te trek, gesê twee van die verdagtes was fisiek by die aanval betrokke, asook dat Venter vermoedelik met ʼn serp verwurg is. Die maatskappy het gesê die ander vier verdagtes is glo by die sameswering van sy moord betrokke en van hulle was goeie kennisse van die slagoffer.

Volgens die Spoorsnyers is die verdagtes vier mans, onderskeidelik 18, 29, 40 en 54 jaar oud, en twee vroue, onderskeidelik 46 en 40 jaar oud. Hulle name mag eers bekend gemaak word nadat hulle in die hof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Fanie Geyser ·

Geluk aan elke lid vd. polisie wat hulle tyd opgeoffer het om hierdie saak só gou te kon oplos en die verdagtes gou kon vastrek! Ons is trots op julle en die vertroue in julle is versterk!

Johan ·

Ek stem saam Fanie. Wel gedaan aan die SAPD. Net jammer dat ander mense so vol bitter is dat hulle nie eens die moeite kan doen om n goeie woord te se nie.

Johann Marx ·

Fanie, jy’s te vinnig met die heuningkwas. Elke moord in hierdie land behoort binnne 24uur met arrestasie gevolg te word. En dan moet die Konstitusionele “reg tot lewe” gebalanseer word met die Konstitusionele “reg om NIE te lewe NIE”….en dan kan elke individu aan die hand van sy optrede teenoor die gemeenskap ‘n duidelike aanduiding gee van sy keuses, en sal ons dit verder opvolg met NOG VYF keuses, nl. galg, elektriese stoel, gaskamer, vuurpeleton en dodelike inspuiting, en sal ‘n onafhanklike kontrakteur hom help om sy keuses te laat realiser. Niemand veroordeel niemand nie, niemand straf enige iemand “ter dood” nie…………..jy laat mense soos volwassenes die uitkoms van hulle eie toekoms kies na aanleiding van hulle dade teenoor die gemeenskap, en jy maak dit baie duidelik. As jy kies om 1. ‘n kind te verkrag, 2. ‘n gewapende aksie te beplan en uit te voer, 3. dwelms te smous, en 4. iemand se lewe te neem………sal dit ‘n duidelike teken wees dat jy ‘n vrydenkende individu jou konstitusionele regte uitoefen, en die die “reg om NIE te lewe NIE” kies……..en ons sal jou keuses respekteer. Hoe moeilik kan dit nou wees? Viva Demokrasie, Viva…

Paul ·

Dit is seker gaaf dat die ses gevang is, dit is egter hartverskeurend dat al ses nog gesond en lewendig is.

Corrie Roos ·

Hoekom is hier nie ‘n groot “Like” knoppie nie?

Johan ·

Dis nou mooi gestel, Kan ek solank begin met donasies vir hangpale of elektriese stoele

Jacques ·

Fanie,…nee man,….wat gaan aan met jou. Kan jy nie sien dit is n private helikopter op die foto nie,……asook die Spoorsnyers,….HPG.

Was hulle nie betrokke nie het almal nog gewag. So moenie so huldelik jou dankbaarheid aan groep toewy nie.

Ek is dankbaar aan almal wat bygedra het,…..maar as die polisie hulle werk van 1994 af gedoen het soos hulle moes was daar minder plaasmoorde.

Boervrou ·

Hierdie is nie n plaas aanval nie. Dit is beplande moord

Francois ·

N plaas aanval is juis n beplande moord. .. Dis al ,geen ander redes vir plaas aanvalle nie .

Neels ·

Tragies. Meegevoel met die familie. Al ‘n norm geword in SA?
Puik werk deur almal met die vinnige optrede en arristasies.

Andre ·

Voel bitter jammer vir die familie en ander boere,nou is almal baie jammer oor wat in Parys Frankryk gebeur het maar hulle voel niks vir ons in SA nie so ek het geen simpatie met hulle nie.

mathilda ·

Andre, dis tog nie waar dat niemand jammer voel vir die boere se swaarkry as gevolg van die geweld teen hulle nie. Wat doen JY om die wereld bewus te maak van die geweld en moorde p boere? Het jy al aan die Wereldhof geskryf? Neem jy deel aan protes optogte teen plaasmoorde? Sit jy jou naam en energie by die efforts om hierdie moorde onder die aandag van internasionale lesers te kry?
Dis harteloos om te se dat jy nie simpatie het met die slagoffers van terreur nie. Die een misdaad het niks met die ander uit te waai nie.

HEVW ·

Medelye teenoor naasbestaandes, maar heel duidelik was daar nie genoegsame paraatheid nie.

Susan ·

Wat hierdie berig nie vertel nie, is dat 4 van die verdagtes wit mense was, waarvan een spesifiek baie na aan die oorledene was. Soos sleg slange het hulle die moord soos ‘n plaasaanval probeer laat lyk deur swart moordenaars die vuil werk te laat doen. Ek hoop hulle sit vir ewig, want hulle is laer as die moordenaars self!

Johan Steyn ·

‘n Plaasaanval behels gewoonlik meer as een lafaard en gewoonlik ‘n wapen. Natuurlik is dit dus beplan en natuurlik is dit “pre-meditated” wat versearend van aard is. Dit is ook terreur want dit skep vrees. Hoe kan dit nie tereur wees nie? Hoe verskil dit van ‘n aanval in 1972?

Flippie ·

Nog ses helde wat met ‘n heldeverering in die tronk ontvang sal word. Hulle sal verhoogde status in die tronk bekleë en op die hande gedra word deur mede gevangenis en tronkbewaarders.

Dan ·

Ek het al gewonder of hipnose nie n antwoord is om agter die waarheid van plaasmoorde te kom nie?

Flippie ·

Eintlik weet ons almal wat agter die meeste plaas en stedelike aanvalle sit. Maar as dit in kommentaar genoem word word dit gesensor.

Dus die voor-die-handliggende antwoord op jou vraag is waarskynlik die regte antwoord.

Miemie Parsons ·

Wanneer gaan dit ophou en die DOODSTRAF terug gebring word. My innige simpatie met hierdie familie. Hoe lank gaan hulle in die trunk sit dan kom hulle uit en gaan dan maar net weer aan met hulle Duiwelstreke. Laat ons almal begin bid vir hierdie land dat daar ‘n groot verandering sal plaasvind.

Flippie ·

Dit gaan nooit ophou nie. Dit pas die huidige regering 100%. Die doodstraf sal ook nooit terug gebring word nie, want dan sal terrorisering van witmense en ook swart mense verminder. Die doodgewone mense wat dan nie meer angsbevange en bang is nie sal dan waarskynlik moeiliker gemanipuleer word.

Nadia ·

Ja dit was ‘n ‘inside job’ gewees. My ouers bly op Rooiberg was vriende van oom Piet. Dis ‘n baie klein dorp en gemeenskap. En die einste vrou wat betrokke was by die oom se moord het ook al van te vore om hulp kom vra by mense op die dorp. Dis vreeslik hartseer, oom Piet sou nie ‘n vlieg seergemaak het nie en was altyd bereid om ‘n helpende hand te gee. Ek weet wats die vroumens se naam, kan nie wag tot social media haar naam en gevreet bekend maak nie!

Jacqueline ·

Na waste een van die twee verwys jy? Daar is een van 40 en die nader een is 46.

Xmuslim Atheist Rebel ·

All the farmers must be armed ready to kill defend itself at moment of trouble.

Estelle van der Ende ·

Dit is nie ‘n Plaas Moord nie. Die oorledene was net toevallig ‘n boer en die moord was toevallig uitgevoer op ‘n plaas. Oom, jy was duidelik in die verkeerde geselskap, so jammer dat jy vir die persoon/hulle wou goed wees. Hulle het gedink hulle gaan weg kom en die blaam plaas op (net nog) ‘n Plaas Moord. Dankie vir die ontmaskering vir wat regtig hier gebeur het.

Johan ·

Hy’s n boer op n plaas vermoor….daarom is dit n plaasmoord of ondersteun jy n plaasmoorde?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.