Ses vas vir moord op polisieman

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke in Port Shepstone, KwaZulu-Natal, het ses verdagtes vasgetrek in verband met die moord op ʼn polisiebeampte, wat Woensdagaand in sy huis doodgeskiet is.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn groep mans het twee polisiebeamptes, wat by die Msinsini-polisiestasie ontplooi is, by hul huis in die Makhoso-gebied in Mthwalume oorval. Die verdagtes het die polisiebeamptes van hul dienspistole en ses selfone beroof, voordat hulle konst. Siyabonga Mbele (28) doodgeskiet het.

Hulle het toe in Mbele se voertuig gevlug. Die voertuig is die volgende dag verlate in die Umlazi-gebied gevind.

Volgens Mhlongo het lede van die misdaadintelligensie-eenheid, die taktiese reaksie-eenheid en die eenheid vir openbare orde die Valke gehelp om ses verdagtes in verband met die moord in hegtenis te neem. Die polisiebeamptes se twee dienspistole wat geroof is en ʼn ongelisensieerde 9mm-pistool, is tydens die inhegtenisneming in die verdagtes se besit gevind.

“Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of hulle met enige misdade in die land verbind kan word,” het Mbele gesê.

Die ses verdagtes, tussen die ouderdomme van 18 en 22, sal Maandag in die Hibberdene-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, gewapende roof en motordiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Uiltjie ·

Sulke jong kinders!! Moordenaars??? Wat gaan in Ons land en Ons gemeenskappe aan??? Wat leer Ons, Ons minders??? ( GESKOK )!!!

Hettie ·

Ja dis jammer so jonk kinders. Dalk jonk kinders leer by hul ouers of vriende! Sterkte aan Mbele se familie!

Annie ·

Sluit toe en gooi weg die sleutel. Tyd om die skelms v d strate af te haal.

lies ·

Marius, daar het n paar ontsnap, of plek gemaak vir die klomp
Wat bir my steeds vreemd is dat hier skarminkels so vinnig vasgetrek word, maar moordenaars van boere neem jare/maande of nooit

Rabes ·

Twee polisie beamptes waarvan twee dienspistole en “ses” selfone gesteel is. Wie gebruik soveel selfone?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.