Ses vas wat glo diesel by Kaapstad-hawe steel

Kaapstad se hawe. Foto: www.capetown.travel

Kaapstad se hawe. Foto: www.capetown.travel

Ses mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo diesel by die Kaapstad-hawe probeer steel het.

“ʼn Verdagte dieseltenker is Dinsdagaand opgemerk naby ʼn pompstasie wat besig was om diesel in ʼn vaartuig in te pomp,” het lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

Die verdagtes het glo ʼn onwettige koppeling gebruik om diesel van die vaartuig na die dieseltenker te onderskep. “Die polisie het beslag gelê op die tenker wat nagenoeg 34 000 liter gesteelde diesel met ʼn waarde van sowat R350 000 ingehad het.”

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die saak. Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ivan ·

Daardie diesel was so goedkoop, as hul dit sou betaal het was dit nog steeds n “bargain”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.