Ses vas wat kitsbank glo oopsny

boeie

Foto: SAPD/Facebook

Ses verdagtes is Vrydag met die hulp van die gemeenskap in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle vroeër glo ʼn kitsbank oopgesny en ʼn bedrag geld gesteel het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê op-en-wakker inwoners van Elsiesrivier wat nou saam met die polisie werk, het beamptes in kennis gestel dat ʼn voertuig met verdagtes in die woonbuurt opgemerk is.

Die polisie het gereageer en die voertuig voorgekeer en deursoek.

“Die polisie het op ʼn bedrag geld in die verdagtes se besit afgekom en daarop beslag gelê,” het Rwexana gesê.

“ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die groep vroeër die dag ʼn kitsbank in die Strand oopgesny en die geld gesteel het.”

Die verdagtes, tussen 26 en 41, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van die besit van gesteelde eiendom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Op en Wakker Inwoners, soos gesê is. Hulle behoort kommissie te kry daarvoor!

SjN ·

Inside job, hoe vinnig is die skelms, of eerder hoe stadig is SAPD, seker geslaap of doof of deel in wins.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.