Ses verdrink in Mpumalanga-vloede

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense het in verskillende gebiede van Mpumalanga verdrink weens erge vloede, het die polisie Maandag gesê.

Kapt. Joey Potgieter, ʼn woordvoerder van die provinsie se polisie-duikeenheid, het gesê ʼn 12-jarige seun van Ermelo het Maandag verdrink. Sy vermoed die seun het in ʼn spruit in die omgewing geswem toe vloedwater hom meegesleur het.

“Die liggame van twee mans is oor die naweek onderskeidelik in Amersfoort en Hendrina aangetref,” het Potgieter gesê.

Drie mans, onderskeidelik 20, 30 en 46 jaar oud, het Vrydag in Schoemansdal, Lydenburg en Amersfoort verdrink.

Volgens Potgieter word twee mans steeds vermis wat in afsonderlike voorvalle in riviere geval het toe hulle dit wou oorsteek.

“ʼn Man het Vrydag omstreeks 21:00 in die Krokodilrivier naby Nelspruit geval en word nog vermis. ʼn 50-jarige man het Maandag in ʼn rivier naby Badplaas geval en word ook nog vermis,” het sy bygevoeg. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.